R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Die derde reeks van 13 programme van Liedjieboer Rumoer op RSG het Maandag begin. Liedjieboer Rumoer is 'n kultus musiekreeks met musiek wat nie op die algemene speellyste voorkom nie.
Die eerste een was algemeen en oor verskeie genres, die tweede reeks was oor singer-songwriters en die derde een wat 7 Oktober begin, gaan oor bands - vanaf AC/DC tot ZZ Top en alles tussenin. Uit die aard van die saak is dit moeilik om vas te stel hoeveel bands daar tans in moderne musiek is oftewel binne die wye definisie van rock. Daar is ook verskeie genres binne die speelveld van rock, o.a. heavy metal, folkrock, countryrock, indie, alternatief, grunge, punk, ens.
Om hierdie hele speelveld in 13 programme te dek en reg aan te laat geskied, is haas onmoontlik, so die programreeks sal elke aand fokus op een van die grotes bv Led Zeppelin, Rolling Stones, Pearl Jam ens, asook van die nuwe bands soos Alabama Shakes, Of Monsters and Men, Mumford and Sons, Vampire Weekend, Noah and the Whale, Florence and the Machine, ens. Dit laat dan ook ruimte vir bands wat dalk nie so bekend is as die grotes nie, soos Flogging Molly, Tool, Little Feet, Bullet for my Valentine, Union Station,ens.
Die eerste episode sal soos voorheen 'n algemene inleiding wees. Bands wat nie 'n onafhanklike eenheid is nie maar net ondersteuend vir 'n sanger is buite rekening gelaat, asook elektroniese bands wat nie van regte instrumente gebruik maak nie. Soos in die vorige reekse word die musiek toegelig met interessante feite rondom die werk en kunstenaars. Die programreeks word opgeneem en verpak in Gansegat in Walkerbaai.
Dus, Maandagaande tussen 9 en 10 op RSG is dit tyd vir jou kultus muti musiekinspuiting met jou gasheer, Anton Goosen.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.