R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Weer eens het 'n duiweboer se vliegseisoen vinniger tot 'n einde gekom as wat hy beplan het. Hier op Gansbaai en omgewing veral huise wat naby bebosde areas geleë is kom die miskeljatkat baie voor. Vir ons duiweboere is hulle 'n groot probleem. Hulle kom deur baie klein gaatjies tot in die duiwehok en byt al die duiwe dood, maar eet nie die duiwe nie. So 'n ramp het Japie Swart getref toe hy by sy duiwehok kom en vind dat ongeveer sestig van sy vliegduiwe dood gebyt in sy duiwehok lê. Die paar duiwe wat oorgebly het is so senuagtig dat hul vir paar dae nie op die grond wou gaan sit het om te eet nie. Dit affekteer jou hele vliegseisoen.
Ons het Bloemfontein gevlieg. Die afstand is volgens GPS gemeet 883km vanaf Gansbaai. Die weer was baie warm in die binneland, die duifies het maar swaar gekry.
Die duiwe is Saterdag om 06h15 op Bloemfontein gelos. Die wenduif was Sondagoggend 08h31 by die huis.
Uitslae is soos volg:
BLOEMFONTEIN OPE
H Hitge 1ste, 4de, 7de, 14de
Louis & Johannes 2de, 5de, 6de, 15de
Jurie Swart 3de, 11de, 13de
D Smith 8ste
Corinne & Janine 9de
A Scheepers 10de, 12de
Groete Corinne
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.