R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

'n Internet voorbeeld van hoe klein die skandeerder is wat deur kloondiewe gebruik word.
Die kitsbank by ABSA bank word die afgelope maand deur ‘n kloondief geteiken en duisende rande is reeds by die kliënte gesteel. "Daar is reeds 6 gevalle die afgelope maand by ons gerapporteer met die jongste voorval verlede week,” het Spr Kapt Danie Rautenbach Dinsdag gesê. Volgens Rautenbach is die verdagte ‘n langerige, skraal, welgeklede swartman tussen die ouderdom van 30 en 40 jaar. Een van sy modus operandi is dat hy na vore tree om te help as jy jou kaart in die masjien insit en dit is asof die gleuf geblokkeer is. Hy druk dan ‘n paar knoppies en dan is die masjien weer reg om die kaart te neem. Die kliënt doen dan ‘n normale transaksie net om ‘n paar dae later uit te vind dat daar geld in die Kaapse Skiereiland uit sy rekening onttrek is. Gewoonlik word die rekening totaal leeggemaak, al is daar ‘n plafon vir daaglikse onttrekking. Die kaart word in so ‘n geval oor ‘n paar dae gebruik totdat die rekening leeg is.
Die dief kloon jou kaart met ‘n klein skandeerder wat hy in sy hand weggesteek het. Jou kaart word deur die gleuf daarvan getrek, sy skandeerder lees en stoor die data wat op jou kaart se magnetiese band is. Al wat hy verder moet doen is om te kyk as jy jou pinkode insleutel en dan kan hy sy gekloonde kaart gebruik en jou besteel. Rautenbach waarsku die publiek om bedag te wees op mense wat jou kamstig by die OTM wil help en dan met kulkuns-hande jou kaart deur ‘n kloonmasjientjie trek. Hou ook altyd jou een hand bo-oor die een wat jy gebruik om die pin in te sleutel. “In party gevalle plak die dief ‘n skandeerder voor of in die kaartgleuf van die OTM en lees dan ook jou pinkode met ‘n versteekte kamera. Die publiek word versoek om die polisie in kennis te stel van enige verdagtes en verdagte voertuie wat in die omgewing van ABSA bank opgemerk word. Hulle moet ook by ander OTM’s versigtig wees” het Rautenbach gesê. Hy het bygevoeg dat die polisie tans in die proses is om die bank te dagvaar om die videomateriaal van die insidente aan die polisie beskikbaar te stel. Daar behoort dus binnekort fotomateriaal van die verdagte beskikbaar te wees. Kloning kom ook algemeen in die Kaap voor en restaurantkelners word glo ook deur die sindikate gebruik. Die kelner kan bv jou kaart langs jou op die grond laat val en dit ongesiens deur ‘n skandeerder trek wat aan sy enkel vas is. Hy kan dan loer wat jou pinnommer is en dié inligting en die skandeerder aan die sindikaat verskaf vir so min as R50. Waaksaamheid is dus die wagwoord.
Francois de Jongh
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.