R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Die groep Hospice pasiente, familie, vrywilligers en personeel in Gansbaai, met Fransil Kotze regs in die voorste ry.
‘n Vrywillige werker vertel die volgende: “Toe ek 5 jaar gelede as vrywilliger by Overstrand Hospice aangesluit het, het ek geen benul gehad wat “Dag-Hospice” beteken nie; die woord “hospice” het by my die beeld opgeroep van ‘n baie siek persoon in ‘n bed. Nou weet ek van beter: net ‘n persentasie van ons pasiënte is bedgebonde, terwyl baie steeds aktiewe en betekenisvolle maande of selfs jare het om te geniet.”
Overstrand Hospice het op Maandag, 7 Oktober 2013 hulle eerste Dag-Hospice vir pasiente en hul familielede in Gansbaai en omgewing suksesvol onder leiding van Fransil Kotze aangebied. “Die samesyn, gedeelde ervarings en ondersteuning laat pasiënte en hul geliefdes toe om vir ‘n oomblik van hul ‘siektetoestand’ te vergeet en net toe te laat om met heerlike eetgoed en lekker geselskap bederf te word,” vertel Fransil, Maatskaplike werker van Overstrand Hospice. Sy sê Dag-Hospice sal een maal per kwartaal plaasvind, met ‘n spesifieke onderwerp en program vir die oggend. Dié spesifieke dae sal deur die Gansbaai Vrywilligers van Overstrand Hospice beplan en gekoördineer word. “Ons kan altyd nog Hospice vrywilligers op vele terreine gebruik - ons pas aan by jou gawes en die tyd wat jy tot jou beskikking het,” sê Fransil. Hulle benodig byvoorbeeld gereeld vrywilligers om pasiënte met vervoerprobleme (wat nie vervoer het nie of nie self kan bestuur nie) na byeenkomste te vervoer. Voorts is daar altyd 2 vrywilligers wat aan diens is vir die voorbereiding van tee en verversings, asook vir die opruiming agterna.
“Voorstelle en bydraes vir byeenkomste is natuurlik ook altyd baie welkom, aangesien enigiets wat die aandag vir ‘n wyle van die siekte kan wegneem, tot voordeel van die pasiënt dien.” Fransil sê dit is altyd ‘n verrykende en genotvolle oggend vir almal - ook vir die vrywilligers. Hierdie byeenkomste skep geleenthede aan pasiënte om gesellig saam met personeellede en opgeleide vrywilligers, wat aan elke pasiënt toevertrou word, te bied.
Overstrand Hospice kan gerus op die webtuiste www.overstrandhospice.org.za vir meer inligting besoek word.
Kennis kan ook van hulle uitstekende Nuusbrief op die webtuiste geneem word. Die noodsaaklikheid van vrywilligers kan nie oorbeklemtoon word nie en belangstellendes kan vir Fransil Kotze by 028-312-4679 skakel, of stuur ‘n e-pos aan haar by sw.hospice@hermanus.co.za.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.