Borskanker Bewusmakings pretstap

Borskanker Bewusmakings pretstap

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Reik na Herstel Vrywilligers, Annaleen Genade en Andriette Bruwer, asook “Survivors” van Borskanker was oorweldig deur die goeie opkoms by die Borskanker Bewusmakings-pretstap, ten spyte van die reën wat hulle met hulle terugkeer onverwags betrap het, veral met die prysuitdelings.

Die Pretstap was vanaf Franskraalstrand se parkeerarea tot verby Blousloep en terug.

“Ondanks die reën het alle deelnemers die pretstap terdeë geniet en vele het versoek dat dit ‘n jaarlikse instelling moet word,” vertel Annaleen. Sy sê etlike “Survivors” van Borskanker het met soveel dankbaarheid gestap om, na vele jare van 2 jaar tot selfs 33 jaar, voluit met hul lewens te kon voortgaan - “hulle is voorwaar ‘n inspirasie vir ander!” Sowat 71 deelnemers (mans & vrouens) het aan die pretstap deelgeneem.

“Ons is opreg dankbaar vir elkeen se deelname en/of bydrae, aangesien dit ons in staat stel om ons dienste gratis aan Borskankerpasiënte te bied,” sê Annaleen. Die Reik na Herstel / Reach for Recovery is reeds in 1952 deur Terese Lasser in die VSA begin.  Sy was met borskanker gediagnoseer en het ‘n mastektomie ondergaan, maar het daarna besluit om weer ‘n vol lewe te lei.

In 1967 het sy Suid-Afrika besoek, waarna Reik na Herstel in Suid-Afrika begin is. “Ons bedank graag die volgende persone/donateurs (alfabeties): Eerstens aan almal wat gehelp en deelgeneem het (julle het bewys julle gee om) en dan spesiaal aan: Aqua Angel Mineral Water (botteltjies water), Corra’s Klerewinkel (geskenkbewys), Gansbaai Book Exchange (geskenkbewys), La Vie De Luc Mineral Water, Franschhoek (botteltjies water), Gansbaai Courant (beriggewing en foto’s), Lisel Joubert (opening), OK Value Franskraal (geskenkbewyse), Paarl Reik na Herstel (30 “Goody bags”), Protea Flora Bloemiste (bos blomme), Wes-Kaap Reik na Herstel (pienk strikkies en pamflette) en Wimpy Gansbaai (geskenkbewys).”

Annaleen en Andriette sien daarna uit om al die deelnemers volgende jaar weer te sien en dat enige voorstelle of aanbevelings welkom is. Annaleen Genade kan by 072-523-0650 gekontak word, of stuur ‘n epos aan haar by annaleen.genade@gmail.com.

Hardus Botha

Borskanker Bewusmakings pretstap

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.