R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Wyle Richard (Tokkie) Jacobs
Wyle Richard Jacobs, beter bekend as Tokkie, is op Dinsdag, 15 Oktober 2013 in die ouderdom van 70 jaar en enkele maande oorlede. Tokkie was saam met twee van sy seuns, Willem en Richard (Jnr) in Tanzanië op toer toe hy ná ‘n ernstige beroerte-aanval gesterf het. “Dit is vir my soos die volmaakte einde van ‘n lewenssiklus, aangesien Tokkie in dieselfde hospitaal in Arusha, Tanzanië, waar hy gebore is, oorlede is,” vertel sy eggenote, Sherley. “Hy en twee van ons seuns het sowat ses maande aan die toer beplan om onder andere sy geboorteplek op te soek en ek het die aand voordat hy gesterf het nog telefonies met hom gesels.”
Tokkie is op 31 Maart 1943 in Arusha, Tanzanië gebore en was die 3de geslag van die Jacobs-familie wat as ‘n Tanzanier grootgeword het. Hy het aanvanklik teologie aan die Universiteit van Stellenbosch vir ‘n paar jaar studeer, maar het dit sonder sy ouers se medewete vir duiklesse laat vaar, vandaar die bynaam van Tokkie vir Tokkelok. “Tokkie was ‘n avontuurlustige mens wat op sy tyd baie deur Afrika, die Kongo ingesluit, getoer het,” vertel Sherley. Die egpaar is op 1 Junie 1968, 45 jaar gelede, in Stellenbosch in die huwelik bevestig. Drie seuns, Willem (44 en in Engeland), George (42 en in Namibië) en Richard (40 en in Gauteng), en tussen die 3 van hulle is daar 5 kleinkinders.
Willem was vir die grootste deel van sy beroepslewe by VISCOR werksaam, onder andere as Hoof: Tegniese Dienste. In hierdie hoedanigheid was hy by die instandhouding van Wes-Kaapse hawens Hy was veral by Gansbaai hawe vir ‘n lang tydperk aktief betrokke. Hy het ook op die NGK Kerkraad gedien, terwyl Sherley ‘n VLV-lid was en ook die bloemistewinkel (waar Tolbos Bistro vandag staan) besit het. “Tokkie het ook as raadslid en vir ‘n tyd as Onderburgemeester van Gansbaai gedien,” sê Sherley. Die egpaar het hulle bekende “rietdak-huis” skuins oorkant die ou begraafplaas reeds sowat 40 jaar gelede gekoop en was gereelde besoekers aan Gansbaai, terwyl hulle verlede jaar permanent hierheen verhuis het. Tokkie laat sy eggenote, Sherley en hulle 3 seuns, Willem, George en Richard agter, asook 3 skoondogters en 5 kleinkinders.
‘n Roudiens is vandag (Donderdag, 24 Oktober 2013) om 11:30 in die NG Kerkgebou deur ds Deon Beyers van Heidelberg gehou.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.