R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Danie Vermeulen van Gansbaai se Biltong & Nut Corner se verkoopsdame by sy ander biltongwinkel, Pick ‘n Biltong in Hermanus, is verlede Dinsdagmiddag, 8 Oktober met ‘n goedbeplande slenterstreek gevang.
‘n Dame het daar ingestap en aan die verkoopsdame gesê sy kom die R3,200 vir beddegoed wat Danie en sy eggenote, Ansie bestel het, afhaal. Sy het haarself as Jenny van Bed & Linnen Boutique (wat nie bestaan nie) in Somerset-Wes voorgestel. Danie se verkoopsdame het geen kennis van die reëling gedra nie en ook gemeld dat sy slegs R1,900 se kontant op hande het.
Die dame het alle tersaaklike en korrekte feite verskaf, soos dat die Vermeulens van Gansbaai is en dat hulle tans met vakansie is. Sy het haar selfoon uitgehaal en ‘n “oproep” na Danie gemaak. Sy het met hom “gepraat” en enkele normale “opmerkings teenoor hom gemaak” en daarna met hom “bevestig” dat sy die verskuldigde balans sal kom kry wanneer sy die beddegoed bring.
Dit was ‘n slenter-oproep om die verkoopsdame gerus te stel, aangesien Danie nie so ‘n oproep ontvang het nie. Alles het eg voorgekom en die beskikbare R1,900 is aan die dame oorhandig, wat so ewe ‘n ontvangserkenning vir die bedrag geteken het.
Met Danie’hulle se terugkoms by die winkel moes die verkoopsdame uitvind dat sy om die bos gelei is. Die dame het ‘n kopdoek aangehad wat agter oor haar lang hare gehang het en was in ‘n langbroek met ‘n oorhangende bloes geklee. “Die video-opname is deur Pick ‘n Pay beskikbaargestel, maar die opname was eerstens te onduidelik vir uitkenning en tweedens is ek deur die polisie meegedeel dat die bedrag vrywilliglik aan die dame oorhandig is en dat daar geen afdreiging was nie, wat die saak baie bemoeilik,” vertel Danie. “Dit is net duidelik dat die dame eers persoonlike inligting bekom het om die kans te kon vat en ek wil graag dat mense kennis daarvan neem om te alle tye op hul hoede te wees.”
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.