4101 Ontskulpte Perlemoen

4101 Ontskulpte Perlemoen

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News


Vlnr is John Karelse, Patrick Tities, Gilbert Mmereki, Francois du Preez en Concelia Motloung agter die 4,101 ontskulpte perlemoen waarop hulle beslag gelê het

Die Seevisserye-span het op Sondag, 27 Oktober 2013 om ±08:30 op ‘n groot hoeveelheid ontskulpte perlemoen en ‘n gesteelde silwer Corsa bakkie beslag gelê. “Ons het inligting ontvang dat ‘n besending perlemoen vanuit Masakhane vervoer sou word, maar was nie seker van die roete wat gevolg sou word nie,” vertel Hoofinspekteur, Gilbert Mmereki van Seevisserye. Hulle het daarna op verskillende bekende roetes stelling ingeneem en gewag. ‘n Netjiese silwer Corsa bakkie met registrasienommer CF 148-761, is voor Bella Vista op die R43 afgetrek en 4,101 ontskulpte perlemoen is gekry. Beslag is op die perlemoen en bakkie gelê en die bestuurder is in hegtenis geneem. Gilbert se helpers was Senior Inspekteur Concelia Motloung en Inspekteurs Francois de Preez, John Karelse en Patrick Tities. Intussen is vasgestel dat die voertuig in Gugulethu-Wes as gesteel aangemeld is. Die bestuurder van die bakkie, Tando Galata (30) van Gugulethu-Wes het op Maandag, 28 Oktober 2013 in die Hermanus Landdroshof verskyn. Hy is borgtog geweier en sal in aanhouding bly, aangesien die voertuig waarmee hy gery het as gesteel aangemeld is.   
Hardus Botha
 

4101 Ontskulpte Perlemoen

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.