Dit was nie n haai nie

Dit was nie n haai nie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar is weer eens nie veel verskil in vangste die laaste paar weke nie. ‘n Goeie teken is verbeterde kabeljouvangste, veral by Holbaai. Dan word ook geelstert gevang, en dit by Haaibank. As jy wil probeer is die beste besluit seker om vir die kabeljou te gaan want geelstert, soos verlede week uitgewys, is op die oomblik beskore omtrent net vir die manne wat ken van.

Wie het nie al ‘n ordentlike vis verloor net om daarna ‘n groot storie daarvan te maak nie? Gewoonlik, indien die vis nie waargeneem is nie is die grootste raaiskoot of dit ‘n haai of ‘n ander vis was. Die argument is dan ook dat dit bes moontlik ’n vis was want, ”‘n vis loop so of so en ‘n haai weer, sal so of so maak”. Maar ‘n hengelaar wat doodeerlik wil wees sal erken dat, hoe hy ook al redeneer, dit nooit 100% vir seker bepaal kan word nie. So wat sê ek eintlik? Nou gaan baie mense nie met my saamstem nie want my siening hieroor is die volgende: Ek wil síén wat ek aan die hoek het. Die vis (of haai) moet sy gesig vir my wys, en dáárna kan hy maar loskom of wegkom, of noem dit wat jy wil! Ek kla liewer oor hierdie of daardie vis wat weggekom het as om te raai watter gedierte dit kon wees. Dán kan ek mos stry oor die een wat ek verloor het en dit doen sonder dat die argument gaan oor wat dit eintlik was. Dis mos ‘n anderste soort verlies wat jy voel, jy weet dit was byvoorbeeld ‘n kabeljou en jy kan met vertroue praat van die groot gespook wat die bielie opgesit het net om so mak soos ‘n lammetjie te raak, en toe verloor jy hom nogal  --  net voor jy hom oor die kant wou lig! Was dit tog ‘n haai, en jy weet vir seker watter soort, sal die spoggery (hoe anders?) heel anders verloop. En hoe kan jy nou so spog, of kla, of redeneer indien jy hom nie gesíén het nie? Die prokureur het mos gesê, “I rest my case”.

Groete, Seemeeu

Dit was nie n haai nie

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.