DIE OOP ARMS AAN DIE KRUIS

DIE OOP ARMS AAN DIE KRUIS

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “En hy het sonder versuim na sy pa toe teruggegaan. Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom.” (Luk 15:20)

“Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar saam met die misdadigers gekruisig, die een aan sy regter- en die ander een aan sy linkerkant. Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”(Luk 23:33,34)

Ons as mense van die 21ste eeu sal eendag bekend staan as “die altyd rustelose en soekende geslag”! Die ontwikkeling van ons tegnologie is op sy beste – alles word beter, vinniger, groter en mooier – en ons almal wil dit hê! Ons staan rusteloos op: “Wat gaan ons vandag doen om meer geld te maak? Wat kan ons doen om ons mee besig te hou? Waar kan ons gaan vakansie hou?”

En so hou dit aan! Ja, ons is altyd soekend: Ons jaag na iets wat ons net nooit kan vind nie!

Wat is dit met ons?

Jesus vertel die verhaal van die verlore seun.  Hiér het ons nou ‘n rustelose kind – soekend na iets beter, lekkerder as by die huis. By die huis het hy alles gehad: ‘n Pa wat hom liefhet; genoeg kos om te eet; slawe om hom te bedien; en hy is pa se erfgenaam! En as hierdie rusteloosheid vir hom te veel word, eis hy sy erfgeld, en gaan swerf daarmee …..hy los alles by die huis!

Wanneer hy alles uitgetoets het, vriende, vroue, vakansies,vryheid en verkwisting van al sy geld – verloor hy alles – en beland langs die varke wat hy moet oppas om te oorleef! En daar tref dit hom: Hy het alles gehad by sy pa se huis – en dit verloor omdat hy altyd ontevrede en rusteloos was!

Wat moet hy (ons) doen as jy by hierdie punt gekom het? Staan op en gaan huis toe! Terug na jou pa se huis! Maar sal hy my weer terug verwelkom? Sal Hy vergewe? Sien jy wat ek sien? ‘n Pa met oop arms – wat hom tegemoethardloop – en hom omhels – en hom soenWonderlik nê!

Nou kyk ek verder: Ek sien ‘n paar arms aan die kruis: So wyd oopgespalk – vir jou en my – om ons in die Vaderhuis terug te verwelkom! Vasgespyker sodat dit nooit weer toe kan gaan nie! Altyd oop – sodat jy van ver af kan sien – dis oop vir jou!

Wil jy nie maar ophou om altyd te soek na iets beter, groter en mooier nie? Die rusteloosheid lê binne-in jou – jy moet eers van binne af stil word – tevrede raak met wat jou Pa se huis bied -  ware vrede, rus, versorging en ewige kos! Maar die beste van alles – arms wat altyd oop is en jou wil verwelkom omhels met ware Vaderliefde! Dis VREDE!

DIE OOP ARMS AAN DIE KRUIS

Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.