Franskralers vereer

Franskralers vereer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Agter vlnr is Paul Knoetze (Franskraal), Thys de Vries (Franskraal), eerw Elize Theunissen van Kaapstad, Marie Hector, Marc Brindau (Franskraal) en dr Isak Balie, met Easten Oosthuizen voor tydens die oorhandiging van Herneuter-messe aan die Franskralers

Die merkwaardige Herneuter-mes in ‘n spesiale houtkissie wat aan Paul Knoetze, Thys de Vries en Marc Brindeau van Franskraal oorhandig is

Drie Franskralers is tydens die openingseremonie van die Genadendal Museum se Erfenisdag-uitstalling met ‘n spesiale geskenk vereer vir hulle bydrae tot die herstel van die museum se geskiedkundige gewel-horlosie. Paul Knoetze, Thys de Vries en Marc Brindau het elk ‘n handgemaakte Herneuter-mes in ‘n spesiale houtkissie ontvang.

“Hierdie drie persone het onbaatsugtige opofferinge aan die dag gelê om die Sendingmuseum van Gena-dendal se gewel-horlosie te herstel,” het dr Isak Balie, kurator van die museum, gesê.

Sy dogter, Judith Balie, het haar dankbaarheid teenoor Paul uitgespreek vir die finale herstel van die gewel-horlosie.

Genadendal se gewel-horlosie wat pragtig deur Paul Knoetze van Franskraal herstel is

Thys en Marc was voorheen ook by die kerkhorlosie van die Elim Morawiese Kerk, wat ná ‘n lang geskiedenis gedurende 1910 na Suid-Afrika verskeep is, betrokke. Ook met daardie kerkhorlosie het Paul se deeglike ervaring gesorg dat Vader Tyd weer op 12 Mei 2012 aan die loop kom. Vroeër vanjaar het Thys en Marc die moontlike herstel van Genadendal Museum se gewel-horlosie met dr Balie bespreek. Weer eens is die bekwame Paul se hulp ingeroep, wat sonder huiwering aangebied het om die herstelwerk gratis te verrig. Paul het so ver gegaan as om van die onvervangbare parte self te vervaardig. Twee maande later was ook Genadendal se horlosie weer in ‘n werkende toestand. As blyk van waardering het die museum se Raad van Trustees, asook die gemeenskap, besluit om hul dank en waardering op tasbare wyse aan die driemanskap vir hul voortgesette opofferinge oor te dra, veral teenoor Paul vir die gratis herstelwerk en vervaardiging van parte.

Vir navrae kan dr Isak Balie by 028-251-8582 geskakel word, of ‘n e-pos kan aan genadendalmuseum@gmail.com gestuur word.

Hardus Botha

Franskralers vereer

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.