Teelepelete verras

Teelepelete verras

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Al giggelende is daar (met wantroue) teelepel vir teelepel kos opgeskep, met verbasing aan die einde oor die hoeveelheid kos op die bord, met almal se spieëlbeelde regs

OMGEE Bedieninge se “Teelepel-ete” van Sondag, 10 November, het heelparty gaste verras - dis nou met die hoeveelheid kos wat met ‘n teelepel opgeskep kan word. Die groot verskeidenheid van geregte het natuurlik ‘n rol in die “byna oorvol” borde kos gespeel. “Ek het die spulletjie so bekyk en besluit om stilletjies twee teelepels te skep by die geregte wat ekstra lekker gelyk het, maar het my liederlik misgis met die oorvol bord waarmee ek verleë tafel toe moes stap,” het ‘n anonieme gas saggies vertel. Sowat 100 gaste het vir die interessante ete opgedaag en niemand is teleurgestel nie - nie met die oorgenoeg voedsel nie en nog minder met die aangename en gesellige samesyn. Sowat 18 smaaklike geregte is in twee rye uitgepak, met nagereg as die laaste opsie. Die geregte het gewissel vanaf bobotie met rys, verskillende vleise tot by groentes, pasta’s en slaaie - met roomys en vla waarmee afgesluit is.

“Die ete was as ‘n gemeenskapsprojek bedoel en wat dit nog meer aangenaam gemaak het, was die teenwoordigheid van verskeie kerkgroepe wat saamgekuier en saamgeëet het,” vertel Deon en Linda Kloppers. Selfs ds Dennis Naidoo, voorsitter van Gansbaai Ministers Fraternal, se kerrie-gereg was beskikbaar! “Samesyn van hierdie aard is wat Gansbaai lekker maak en volgende jaar gedurende Meimaand doen ons dit weer,” sê Linda.

Hardus Botha

Teelepelete verras

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.