R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Schneiderstraat in Franskraal.
Ná Vrydagnag se gietende reën, asook Saterdag se deurdringende reën, was vele wonings weer onder water. Groot skade is in die proses gelei, nie lank na die vorige oorstromings nie. Een van hulle is die woning van Mary Jacobs van Madeliefiestraat 9, Blompark. Met die aankoms van Gansbaai Courant by die woning, was Gansbaai munisipaliteit al besig om ‘n tweede groot tenk water uit te pomp. “Ek weet nog nie hoe lyk dit in my huis nie, maar daar kan nie iets oor wees nie,” het ‘n hartseer en geskokte Mary gesê.
Sarel Fourie se besigheid agter Belmont Cash & Carry in die Industriële gebied het ook sleg deurgeloop en selfs sy kantoorruimte was onder water. ‘n Benoude oproep is ook van Elrico in Beverley Hills ontvang waar etlike van die huise onder water was. Vanuit Uilenkraalsmond karavaanpark is ook oproepe ontvang van oorstromings en groot skade wat aangerig is.
Hardus Botha

‘n Geskokte Mary Jacobs voor haar woning in Madeliefiestraat 9, Blompark

Gansbaai middedorp net agter die Apteek.

Van Uilenkraalsmond se strate en huise het weer oorstroom.

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.