R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Marine se trotse langdienspersoneellede met hul sertifikate, met Micheal Lolwana (Direkteur) heel agter regs
Dit blyk ‘n feit te wees dat Gansbaai Marine oor baie gelukkige en tevrede personeel beskik. Jaarliks is daar ‘n groep wat langdienssertifikate ontvang en soms is dit sommer ‘n groot groep met vele diensjare. Om jaarliks soveel sertifikate vir langdiens te kan uitreik, moet werknemers eenvoudig gelukkig in hul werksomstandighede wees. Vanjaar is daar weer 9 personeellede wat vir 10 jaar diens kwalifiseer.
Hulle is Bryan Hess, Buntubake Manyaka, Dirk de Koker, Elana Jacobs, Felicity Fick, Joynaline Marthinus, Nomfumaneka Nontsimi, Yandiswa Mhlom en Yolanda Dempers. Gansbaai Marine se Besturende Direkteur, André Coetzee, het die werknemers toegespreek en gelukgewens, waarna Micheal Lolwana (Direkteur) die sertifikate oorhandig het.
Ronel Swart (Menslike Hulpbronne) het ook die verrigtinge bygewoon. Ná die oorhandiging van sertifikate is die groep getroue werknemers met verversings bederf, waarna hulle weer met hul daaglikse werk voortgegaan het, hopelik vir ‘n verdere 10 jaar.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.