R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
In die middel is Overstrand Medical Response se tweede ambulans, met die eerste wat regs sigbaar is
Overstrand Medical Response van Cassie Carstens en Riaan Buys se tweede ambulans is byna ‘n realiteit.
“Ons tweede ambulans is reeds aangekoop en sodra die opknappingswerk afgehandel is en die nodige kentekens aangebring is, sal dit in bedryf gestel word,” vertel Riaan.
Hy bedank graag die volgende borge wat die aankoop van die ambulans moontlik gemaak het: Louw Vervoer van die Paarl van Piet en Jonine Louw (Hoofborg - R77,000); Almal wat by die spesiale Gholfdag betrokke was (R10,500); Marjaan van Tonder van Head a Hair se twee Romanza-aande, met Helmie en Amanda de Vries as gasheer en -vrou (R1,230). “Ongelukkig het die verkeerde persepsie onder gemeenskapslede ontstaan oor wie die hoofborg vir die ambulans is, wat Louw Vervoer van die Paarl is,” sê Riaan. “Ons opregte dank en waardering aan elkeen van die genoemde borge, waarsonder die ambulans nie aangeskaf sou kon word nie.”
Riaan en Cassie se personeel bestaan tans uit Chantell Buys en Steven Breytenbach, saam met 2 vrywilligers Sueanne Hugo en Abri van Wyk.
Ria Smit van Franskraal het spesiaal versoek dat hierdie groep bedank moet word vir hulle wonderlike optrede tydens die afsterwe van haar eggenoot, Fanie op 27 September vanjaar. “Mense kan gerus by hulle aansluit, hulle lewer fantastiese dienste,” het sy gesê.
Vir flink ambulansdiens kan 078-699-6995 vir noodgevalle geskakel word, terwyl Cassie by 078-427-8647 en Riaan by 083-881-3631 vir enige verdere inligting geskakel kan word. Navrae kan ook aan hulle by overstrandmedics@gmail.com ge-epos word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.