R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “HERE, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” (Hand 1:6)
“Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in GOD; glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” (Joh 14:1-3)
“Hoe vêr nog, Pappa?” Kan jy nog hierdie vraag onthou wat jou kinders aan jou gevra het as julle iewers heen gery het? Of as hulle uitgesien het na hulle verjaarsdag of Kersfees: “Hoe lank nog, Mamma?” Ons almal weet hoe moeilik is dit om aan ‘n kind afstand te verduidelik, of selfs die begrip van tyd! Hoe vêr is tweehonderd kilometer, of hoe verduidelik jy drie maande? Amper onmoontlik, nê? Tog het jy met soveel begrip en liefde dan verduidelik: “Nog sóveel slapies, my kind.”
Netso wou die dissipels ook van Jesus na Sy Opstanding weet: Is dit nou die eindtyd? Wat gaan nou gebeur? Selfs as Hy aan hulle verduidelik dat Hy moet weggaan om vir hulle ‘n woonplek in die Vaderhuis voor te berei, verstaan hulle nie. Amper ‘n onmoontlike saak vir aardse mense om te verstaan omdat ons so gewoond is aan wat ons elke dag sien, eet en waar ons slaap. Hoe sal ons dan die hemelse kan verstaan?
Lees eers weer gou Johannes 1:1-3 hier bo. Kan jy hoor met hoeveel teerheid Jesus hulle antwoord? Miskien moet ons dit net in ’n kort sinnetjie opsom: “Vertrou julle net, Ek sal sorg dat julle daar kom.” Jesus weet dat ons nie verstaan nie. Hy weet ons is nie toegerus om aan die ewigheid te dink nie. Ons moet net op Hom bly vertrou dat Hy alles onder beheer het. Hy het alles vir ons reeds voorberei vir ’n wonderlike lewe hierna. Ons moet elke dag net normaal voortgaan om binne Sy wil te lewe en doen wat GOD van ons verwag.
Hou dus maar gerus op om allerhande vrae te vra oor wanneer, hoe, of waar? Luister na Jesus se woorde: “Vertrou julle net, Ek sal sorg dat julle daar kom. Daar is baie plek in die hemel!”
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.