Suksesvolle Kunsuitstalling

Suksesvolle Kunsuitstalling

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Deel van die kunstenaars tydens Marie Reid se kunsuitstalling, met vlnr Liezel Mostert, Susan Le Roux Wagenaar, Angelique Nagel, Monika Matthee, Marie Reid, Heinrich du Plessis, Jeanre de Bod en Martha van der Westhuizen.

Nege kunstenaars het aan die Gansbaai Kunsuitstalling wat op 22 en 23 November in die Katolieke Kerksaal aangebied is, deelgeneem. “Ek het die uitstalling gereël omdat ons so baie van Baardskeerdersbos se Kunsroetes lees, terwyl ons uitmuntende kunstenaars in en om Gansbaai het,” vertel Marie Reid van Marie’s Boutigue, Art & Beauty Shop.

Marie skilder self ook, maar het besluit om die uitstalling net te reël en te organiseer, waaraan 10 kunstenaar deelgeneem het. “Ek is dankbaar dat die uitstalling fantasties afgeloop het, met van die kunswerke wat wel verkoop of bestel is,” sê Marie. “Daar is reeds groot belangstelling vir ‘n herhaling van hierdie kunsuitstalling vroeg volgende jaar.” Die twee dae het ook gesellig verloop en daar kon ontspanne en met verversings saamgekuier word terwyl die kunswerke besigtig is. Van die 10 kunstenaars wat aan die uitstalling deelgeneem het, is 7 skilderkunstenaars, naamlik Angelique Nagel, Ivy van Huyssteen, Liezel Mostert, Monika Matthee, Olga Carpenco, Petro van der Merwe en Susan Le Roux Wagenaar. Die ander 3 is fotografiese kunstenaars, naamlik Heinrich du Plessis, Jeanre de Bod en Martha van der Westhuizen. Die kunswerke wat uitgestal is, is goed en met vele komplimente deur die besoekers ontvang. Marie het sowat 5 jaar gelede by die Great White House met haar skilderkuns begin en is nou sowat 2 jaar die eienaar van Marie’s Boutigue, Art & Beauty Shop te Kerkstraat 42.

Belangstellendes rakende ‘n volgende kunsuitstalling kan vir Marie Reid by 083-310-1733 skakel, of stuur ‘n e-pos aan haar by marie.bliksie@gmail.com.

Hardus Botha

Suksesvolle Kunsuitstalling

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.