Koor sing 2013 uit

Koor sing 2013 uit

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Groot deel van die NG-Koorlede tydens hul vrolike afsluitingsfunksie, met voor 5de van links hulle koorleidster, Aletta Lochner, met die koorkomitee se voorsitter, ds Stoney Coetzee langs haar en die koorbegeleier, Annelene Reinke, langs hom. (Foto: Lientjie Venter)

Die NG-gemeente se koorlede het teen die einde van hulle onlangse jaarafsluitingsfunksie “al singende” van 2013 afskeid geneem - en dis nou nie van té veel kuier nie, maar juis omdat koorsang hulle groot, groot liefde is. Die voorsitter, ds Stoney Coetzee het die nodige verwelkoming hanteer en onder andere gesê: “Kyk ons agtertoe, sê ons Dankie en kyk ons vorentoe, dan sê ons Asseblief vir Genade!”

Na enkele spreekbeurte en vele opregte bedankings, is blyke van waardering aan onder ander die koorleier, Aletta Lochner en die koorbegeleier, Annelene Reinke oorhandig. Anita Botha en Amanda le Roux met hulle getroue helpers is spesiaal bedank vir die pragtige versiering van die Kerkgebou tydens die Kerssangdiens. Aletta se koorlid-eggenoot, Hennie Lochner, het ‘n spesiale blyk van waardering aan haar oorhandig, met die woorde: “Musikale mense het ‘n ‘klap weg’, want Aletta sit soms nagte deur met verwerkings vir die koor!” Ds Dirk van Dyk, self ook ‘n koorlid, het namens die gemeente en Kerkraad onder andere gesê: “Dit moet so wees dat die Here met liedere geloof moet word”.

Die bestaande Koorkomitee is bedank vir hulle harde werk en is eenparig vir 2014 herkies: ds Stoney Coetzee (voorsitter), Petrus du Preez, Jannie Botha, Pietie Botha, Helmie de Vries en Sunet Heyns. Koorlid Marie de Jager se dogter wat kom kuier het, Lientjie Venter, het die hele aand uitstekende en professionele foto’s geneem wat sy gratis in CD-vorm aan alle koorlede beskikbaar gestel het. Na die gesellige ete en saamkuier, is daar spontaan tot opgewekte samesang oorgegaan om ‘n suksesvolle koorjaar op ‘n gepaste wyse af te sluit.

Hardus Botha

Koor sing 2013 uit

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.