Gansbaai Belastingbetalersvereniging

Gansbaai Belastingbetalersvereniging

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Belastingbetalersvereniging se 2014 Komitee, met voor vlnr Nico Naude, Gerda Wessels en Charmain Smith. Agter vlnr is Phillip Rozekranz, Maretha Geldenhuys, Ivy van Huyssteen en Francois Smith.

“Ek is tevrede dat ons Algemene Jaarvergadering, ná ‘n bedrywige jaar, goed ondersteun is,” sê Gerda Wessels, voorsitter van die vereniging. Rdh Pieter Scholtz het as gasspreker opgetree en verskeie vrae is aan hom gerig, waarvan sommiges opgevolg sal word. Gerda het haar Voorsittersverslag aan die vergadering voorgehou, wat van ‘n bedrywige 2013 getuig het met etlike vraagstukke wat wel opgelos kon word. “Klagtes, maar ook waarderingsbriewe is aan mnr Kat Myburgh deurgegee.” Etlike uitstaande sake is bespreek, soos onder andere die afgelope tyd se stormskades, GAP-huise, Groenste munisipaliteit, Overstrandse munisiplaiteit se ongekwalifiseerde ouditverslag, die aanpassing van die erfskoonmaak-beleid, vullisverwydering, die R43 tussen Stanford en Hermanus en veel meer. Gerda het die volgende bedankings voorgehou: rdl Nicolette Botha-Guthrie (Overstrandse Uitvoerende Burgemeester), rdh Pieter Scholtz (Overstrandse Uitvoerende Onderburgemeester), Gansbaai se 3 Wyksraadslede, mnr Kat Myburgh (Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie), Biblioteekpersoneel, Gansbaai Inligtingskantoor, Gansbaai Media, betrokkenes met die voorsiening van verversings, 2013 komiteelede vir hul ondersteuning, De Kelders Belastingbetalersvereniging vir samewerking en laastens die vertroue wat steeds in haar as voorsitter gestel word. Die nuutverkose Komitee vir 2014 is Gerda Wessels (voorsitter), Nico Naude (visie-voorsitter), Charmain Smith (sekretaresse) en Ivy van Huyssteen (tesourier), met addisionele lede Maretha Geldenhuys, Francois Smith en Phillip Rozekranz. Gerda het almal ‘n Geseënde Kersgety en ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar toegewens, waarna daar gesellig saamverkeer is en verversings geniet is. Vir Gansbaai aangeleenthede, klagtes en/of komplimente kan Gerda Wessels by 082-530-3223 gekontak word.
Hardus Botha
 

Gansbaai Belastingbetalersvereniging

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.