Probeer gerus

Probeer gerus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Darem lekker om met so ‘n kabeljou te kan spog. Eduard Loubser bly egter tjoepstil oor wie die eienaar van die vis is.

Die foto hiermee is net vir die lekkerkry. Die kêrel is ook ‘n besoeker aan ons kus en kon die versoeking nie weerstaan om met die mooi kabeljou te spog wat nog vars uit die water is nie. Hierdie kabeljou is sommer hier naby ons gevang en hoewel hy nie self hierdie bielie ingebring het nie was hierdie knewel vir hom meer aanvaarbaar as sy eie vangs vir die foto. En jy kan mos ook probeer.

Die kabeljouseisoen is reeds ordentlik ingewei en hierdie tyd van die jaar weet omtrent almal mos is dít die vis waarvoor jy moet probeer. Met die nodige toewyding, bietjie moeite, die regte aas, so bietjie kophou wat kundigheid betref en natuurlik, met die oog op die weer, kan jy met redelike sekerheid jou kabeljou gaan haal. Gaan loer bietjie hoe lyk dit na die agtermiddag se kant by Haaiklip met die amperbootjies wat die see kol-kol vul. Van die Klip self is dit die manne met die lang stokke wat  bankvas sit en hulle geluk probeer. Moet egter nie ‘n fout maak nie. Kabeljou is nie die enigste vis nie en Haaiklip nie die enigste plek nie. Verderaan is daar die Gruis en Holbaai kan nie misgekyk word nie. Na Pearly Beach se kant toe (en op pad soontoe) is daar ook plekke wat altyd belowend is. En Die Damme moet jy eenvoudig probeer indien hengel jou erns is. Daar is nog vis soos steenbras en mosselkraker en nog baie kleiner visspesies wat heelwat genot verskaf. Ook ander kleiner hengelplekkies waar jy rustig kan sit en hengel met vroulief en kinders wat die kus verken. Wat kan meer sielsvreugde verskaf om stok in die hand (of, indien jy nog rustiger wil wees), so langs die stok te sit, of lê, en die wêreld te bekyk. Veral as die son so wil-wil sak is daar mos niks wat jy meer kan begeer nie. Moet net nie vergeet om jou stok se punt dop te hou nie, as daai ou grote hom vat, is dit nag!

Die bootvangery is ‘n ander opsie. Indien jy nie jou eie boot het nie, kan jy wel planne maak om saam met iemand anders te “crew”. (Die Engels klink hier “lekkerder”). Probeer egter iemand kry met bietjie ervaring agter die rug. Dalk is daar ‘n geelbek of geelstert wat hulle tussen die kabeljou tuis maak. 

Geniet die tydjie. Seemeeu

Probeer gerus

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.