Haai aanval

 Haai aanval

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Thomas Brown sterk in die Mediclinic by Hermanus aan nadat hy deur 'n Grootwithaai by De Kelders Plaat aangeval is  (die sirkel toon aan waar dit gebeur het).

'n Grootwithaai van sowat 3 meter het Maandagoggend 'n branderplankryer by Die Plaat langs De Kelders aangeval. Thomas Brown (19) van Northcliff, Hermanus, is in Hermanus Mediclinic opgeneem waar hy noodbehandeling aan sy linkerbobeen ontvang het. Hy en drie vriende het om 08:30 sowat 10 minute voor laagwater by 'n gewilde branderplankryplek ingegaan. Thomas, was eerste in die water en het reg voor die parkeerarea bo die duine, ingeswem. Sy twee vriende, Graham Tjabring en Cairn Michie, het hom gevolg. Hulle was egter meer na De Kelders se kant, nader aan die rotspunt tussen Die Plaat en Klipgatstrand. "Ek het sowat 50 meter van die strand gedraai en in hul rigting gekyk waarna die haai van agter gekom, my branderplank gestamp en 90°  na die strand geswaai het. Die haai het toe op kenmerkende wyse vinnig in 'n sirkel om my geswem en toe weer van agter aangeval en in my linkerbo-been en die branderplank tegelyk gebyt. Hy het egter die branderplank se vin ook in sy bek gehad en toe ek hom op sy snoet slaan het hy my gelos. Die branderplank was steeds gerig op die strand en ek kon darem daarin slaag om dadelik die volgende brander terug na die strand te vang," het Thomas Dindsdagoggend uit sy hospitaalbed gesê.


Haaibytmerke op die branderplank.

Volgens hom was Cairn tydens die voorval sowat 5 meter van hom af en het dieselfde brander terug geneem. "Toe ek op die strand kom en sien ek kon op twee bene staan was ek oorweldig van dankbaarheid." Sy vriende het 'n handdoek oor die wond vasgebind en die branderplank se tou as 'n toerniket gebruik om die bloeding te probeer stop. Daarna het hulle hom op 'n bakkie laat lê en na Mediclinic in Hermanus gejaag. "Ek het weens die adrenalien nie veel pyn gehad nie maar dit het soos 'n uur gevoel voordat ons verby Stanford is."  Op 'n vraag of hy weer sal branderplankry, was sy antwoord: "Dit sal tyd neem voor ek weer Plaat toe gaan maar 'surf' sal ek 'surf', want ek is te lief daarvoor."  Baaiers word gewaarsku dat die Grootwithaaie gewoonlik in die somer nader aan die kus beweeg en dat hulle gereeld by Franskraalstrand en Die Plaat opgemerk word. Die haaie bly gewoonlik buite die bamboesgebiede en dit is dus veiliger om daar te swem.
Francois de Jongh
 

 Haai aanval

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.