Big 2 Town Musiekfees word 2 jaar oud

Big 2 Town Musiekfees word 2 jaar oud

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Op 21 Desember 2013 bied Laerskool Gansbaai ‘n musiekfees aan wat ‘n jaar terug gebore  is uit nood vir fondse wat benodig word vir die skool se beheerliggaamposte.  Hierdeur kan ons verseker dat ons  kinders van vandag die leiers van môre sal wees en net die beste onderrig moontlik kan ontvang.  Dit is die skool se eerste prioriteit en ons wil graag daarop voortbou maar dit is nie haalbaar sonder fondse nie.

Met die resessie wat reeds ‘n paar jaar voortwoed, is Laerskool Gansbaai gedwing om twee beheerliggaamposte vir 2013 af te skaf en ’n derde pos te vervang met ’n Assistentpos. Lopende maandelikse kostes soos elektrisiteit, water, administratiewe uitgawes, salarisse, herstel en onderhoud maak dit vir die skool  onmoontlik om sonder ’n addissionele inkomste die mas op te kom.

Die Wes-Kaap Onderwysdepartement verskaf nege onderwysposte aan Laerskool Gansbaai vir ’n leerderratio van 1:38 en bied ook ’n  jaarlikse  finansiële bydrae vir leermateriaal en ander uitgawes wat ’n skamele 5% van ons jaarlikse begroting  uitmaak.  Hierdie bydrae is by verre nie genoeg om ons skool se begroting te laat klop nie.  Slegs sowat 40% van ons ouers betaal jaarliks hul totale skoolfonds, 20% word ingevorder met regsprosesse wat tyd neem en sowat ’n verdere 40% vorm deel van kwytskeldings of word jaarliks afgeskryf as oninbaar.  Met hierdie skoolfondse poog ons Laerskool om hul klasse se opvoeder/leerderratio klein te hou met 1:25 sodat gehalte onderrig toegepas kan word.

As u dus na bogenoemde situasie kyk, is daar geen ander alternatief as om fondsinsamelings te hou nie en daarom dan die BIG 2 TOWN MUSIEKFEES wat 21 Desember 2013 plaasvind TEN BATE van Laerskool Gansbaai.

Die fees sal oud en jonk vermaak met net die beste kunstenaars soos  Wikus van der Merwe, Andries Vermeulen, Die Broers, Manie Jackson, Jan Rhaap, Adam Tas en Danielle de Villiers. ‘n Eerste in Gansbaai sal verseker die WWE STOEI wees wat hier gaan plaasvind.

MOENIE HIERDIE VERMAAK MISLOOP NIE.

Ingang is R100 vir volwassenes; R50 vir kinders tussen 7 en 17 jaar en voorskoolse kinders is gratis. Kaartjies is beskikbaar op die dag by ’n sentrale hek.

Van vroegdag af gaan hierdie kunstenaars heerlike vermaak verskaf en vir dié wat net wil rondloop, is daar hope snuffelstalletjies asook kosstalletjies te kus en te keur.  Die kinders kan heeldag vermaak word met  Merry-go-Roundritte.  Vir feesgangers wat net rustig wil ontspan, kom kuier gerus in die biertent waar daar heerlike koue drinkgoedjies en wyn te koop aangebied sal word.

As organiseerder van hierdie fees besef ek dat ons almal huishoudelik- en besigheidsgewys gebuk gaan onder swaar en moeilike ekonomiese tye.  Ek glo egter dat as ons almal hande neem, sal ons hierdie wa deur die drif kan trek vir Laerskool Gansbaai en sy kinders.

‘n Opregte dankie gaan aan  Mnr Jannie Smit van Manitou vir sy bydrae tot die kunstenaars en Superspar Gansbaai vir die bemarking en advertensie tot die fees. Dankie aan elke ouer en onderwyser wat hulle beskikbaar gestel het om betrokke te wees by die fees. Dankie vir julle ongelooflike bydrae dit word opreg waardeer.  Dankie vir ieder en elk in Gansbaai vir u positiewe gesindheid, vriendelike ontvangs en die hoflikheid wat ek telkemaal ervaar ter voorbereiding van die fees!  Dit maak nie die organisering minder nie, maar met sulke ondersteuning maak almal dit beslis die moeite werd.

Kom geniet die fees saam met u familie en vriende!

Feesorgansiseerder, Chrizulene van Niekerk, Navrae: 082 873 6889

Big 2 Town Musiekfees word 2 jaar oud

Chrizulene van Niekerk

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.