R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
‘n Deel van die groep mense wat die Vissermans Dankseggingsdiens in Gansbaai Hawe bygewoon het
Die Interkerklike Vissermans Dankseggingsdiens op 8 Desember in Gansbaai Hawe is goed bygewoon en die verrigtinge het vlot verloop. “Ek is tevrede met die opkoms en is baie dankbaar dat die wind vanaand heelwat rustiger is as vroeër vandag en die vorige paar dae,” het Johan van Dyk, organiseerder gesê. Dr Tom Theunissen van Nuwe Hoop Bedieninge het die verwelkoming en openingsgebed waargeneem. Soos gebruiklik het die diens met hartlike samesang begin. Gewyde Afrikaanse en Engelse liedere is om die beurt gesing. Die begeleiers en voorsangers, Dirk en Eva Buchner, Mike Schröder en Adri Ehlers, asook Elize Schröder met die klankstelsel, het hul uitstekend van hul taak gekwyt.
Past Jacob Prins het die Engelse boodskap aan die toehoorders oorgedra. Hy het sy boodskap op Fil 4:4-7 baseer: “Gelowiges word opgeroep tot gebed midde groot krisisse - dit is al hoe redding sal kom.” Die Afrikaanse gedeelte is deur Lizette Janse van Rensburg aangebied. Lizette het die toehoorders met pragtige sang en persoonlike getuienis bedien. “Dit is vir my ‘n voorreg om te kan dankie sê vir elke keer wat die vissermanne veilig teruggekeer het,” het sy onder andere gesê. Past Frikkie Zeelie het soos gebruiklik seker gemaak die kinders wat soet gesit en luister het, ontvang elkeen ‘n pakkie lekkergoed om huis toe te neem. Die Vissermans Dankseggingsdiens is deur Gansbaai Marine geborg, wat opreg deur die organiseerders waardeer word.
Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.