R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die pyl dui die verbypad agter Franskraal en Kleinbaai op die lugfoto aan.
Die nuus dat die grondpad, wat Rossouwstraat in Franskraal met die teerpad tussen Gansbaai en Kleinbaai verbind, geteer gaan word, is met groot blydskap ontvang.
Soos op die lugfoto gesien kan word sal dié verbypad, met aansluitings by Franskraal en ook by Klipfonteynafdraai, 'n besparing in afstand asook reistyd dorp toe tot gevolg hê. Die Departement van Publieke Werke en Vervoer: Wes-Kaap het pas goedkeuring verleen dat die projek kan voortgaan. Die projek sal teen 'n koste van ±R14m deur die paaie afdeling van die Overberg Distriksmunisipaliteit (wat as agent van die Departement optree ten opsigte van die instandhouding van paaie in die Overberg gebied) behartig word. Voorbereidingswerk aan die padreserwe/padskouers sou reeds in die eerste helfte van November 2013 'n aanvang geneem het maar swaar reën het dit verhoed.
"Na verwagting sal daar egter nie voor Maart 2014 met die opgradering van die padoppervlakte begin word nie en sal die pad eers dan vir verkeer gesluit word. Die pad sal na verwagting vir ongeveer 10 maande gesluit wees en die opgegradeerde (teerpad) sal waarskynlik met die aanbreek van die vakansieseisoen aan die einde van November 2014 vir verkeer oopgestel word. Hierdie is 'n projek wat reeds vir meer as 'n dekade as 'n behoefte beskou word en daar word met groot waardering en afwagting gekyk na die bevrediging van die behoefte," het mnr F Myburgh, Areabestuurder, Munisipaliteit Overstrand : Gansbaai gesê.
Francois de Jongh
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.