R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gian Groen word geken as een van die land se top digterlike liedjieskrywers. Hy is meestal bekend vir sy liedjie 'Vier Seisoene Kind' wat ook deur verskeie bekende sangers opgeneem is. Gian se nuwe vollengte-album, ‘Dekade se Ballades’ is in November 2013 uitgereik.
Die album bestaan uit 16 snitte en is n samevatting van Gian se beste werke, asook n paar splinternuwe liedjies wat almal vars opgeneem is by VH Recording Studio en verwerk is deur Wouter van de Venter wat ook die elektriese kitaar speler op die album is. Alle musiek en lirieke is deur Gian geskryf en hy speel ook die akoestiese kitare op die album. Die ongelooflike groep musikante wat saam aan die album gewerk het is Logan Scott (Baskitaar), Jeremy Schultze (Dromme), John Mitchell (Klavier & Orrel), Rayelle Goodman (Strykers), Robert Jeffery (Cello) & Herman Kleinhans (Agtergrond stem snit 1 & 8).
Met ballades soos Stiltetyd, Alles Sal Okay Wees, Cheap Glasie Wyn, Gita Blom & Vier Seisoene Kind, asook lekker kuier liedjies soos Tiger & Louise, 0 TOT ‘n 100 en Binneland In, is hierdie beslis n versamelaars item vir oud en jonk.
Dekade se Ballades word uitgegee deur sy platemaatskappy VH Music & Publishing en die album word deur Next Music versprei en sal landwyd en op iTunes beskikbaar wees.
Die musiekvideo van die eerste enkel snit Piet My Vrou sal binnekort te sien wees.
Die eerste 3 persone wat Maandag, 30 Desember vir Gansbaai Courant met die regte antwoord skakel ontvang elk Groen se nuwe album.
Die vraag is: "Wat is die eerste snit op die CD waarvan binnekort 'n musiekvideo gemaak gaan word."

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.