R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

‘n Deel van Gansbaai Fotografieklub se lede tydens hulle gesellige jaarafsluiting by Tolbos Bistro
Gansbaai Fotografieklub se fotograwe het onlangs in Tolbos Bistro tydens ‘n gesellige Jaareindfunksie “afgeskakel”, maar sekerlik nie hulle kamera’s nie. Daarvoor is hulle te bedrywig en die kamera’s sal sonder twyfel nog gereeld gedurende die vakansieseisoen flits. Die groep het Wayne Devitt se afsluitingsete terdeë geniet en die gesellige groep fotograwe kon vergeet van kamera’s, kompetisies, beplannning en byeenkomste en die aand net ontspanne geniet. ‘n Voorlopige jaarprogram vir 2014 is reeds opgestel, met die klub se eerste byeenkoms wat op 20 Januarie 2014 sal plaasvind. Lede word genooi om hulle drie beste vakansiefoto’s saam te bring. Geen kommentaar sal gelewer word nie - die foto’s sal net vertoon word vir die geselligheid daarvan.
Voorsitter Christo Wessels bedank graag die lede van die klub vir hul goeie samewerking en aktiewe deelname gedurende 2013 en wens elke lid ‘n Geseënde Kersgety en ‘n baie Voorspoedige Nuwe Jaar toe.
Navrae kan aan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 gerig word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.