R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Overstrand Medical Response was vinnig op die toneel om na die pasiënte om te sien.
Twee kayakroeiers het by Kleinbaai in die moeilikheid beland toe hul kayak omgeslaan het.
Volgens Koos de Kock, NSRI verteenwoordiger in Gansbaai, het hy vir Wouter (20) en Realeen Nel (15) dopgehou nadat hulle naby Kleinbaai Hawe uitgegaan het. Hulle het om Black Sophie geroei en die kayak het in die rowwe water omgedop. Hulle het dit weer teruggedop en verder geroei net om weer om te slaan. "'n Groot brander het toe die kayak sonder die insittendes oor die rotse geslaan. Die twee roeiers het toe om die rotse geswem en Realeen is weer op die kayak opgehelp. Ek het deur die verkyker bloed op albei gesien en ook dat Wouter besig was om suksesvol die kayak na die vlakwater te sleep. Daar het ek hulle gehelp en Overstrand Medical Response (OMR) was gou op die toneel," het de Kock gesê. "Altwee pasiënte het verskeie skaaf– en snywonde opgedoen, terwyl Wouter se sleutelbeen ook gebreek is," het Riaan Buys van OMR gesê. Volgens de Kock het hulle nie reddingsbaadjies, soos deur die regulasies vereis, gedra nie.
Francois de Jongh
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.