Rofstoeibesering skok

Rofstoeibesering skok

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 
Die rofstoeier, “Disturbed”, lê op die naat van sy rug ná ‘n “ernstige nekbesering”, met Steven Breytenbach (links) en Riaan Buys van Overstrand Medical Response wat besig is om hom te “stabiliseer”

Besoekers aan Saterdag, 21 Desember se Gansbaai Big 2 Town Musiekfees was erg geskok ná ‘n “ernstige” besering in die rofstoeikryt. X-Treme Wrestling Entertainment het ‘n rofstoei-geveg tussen die rofstoeiers “Disturbed” en “Warlock” gereël. Die toeskouers van die stoeigeveg was almal op die agterbeen toe “Disturbed” ‘n “ernstige” nekbesering opgedoen het. Overstrand Medical Rescue se span was op toneel en kon die stoeier “stabiliseer” en per ambulans na die naaste “hospitaal” neem. Wat die toeskouers nie geweet het nie, was dat Overstrand Medical Response, in samewerking met X-Treme Wrestling Entertainment, ‘n oefening gereël het om Overstrand Medical Response se reaksietyd vanaf die voorval totdat die pasiënt in die ambulans gelaai is, te toets. Die stoeier, “Disturbed”, het ongemerk teruggeglip terwyl die volgende geveg aan die gang was. Agterna was van die toeskouers so boos vir die stoeier, “Warlock”, met andere wat erg bekommerd was, dat die seremoniemeester, Kobus Koekemoer, moes afkondig dat dit net ‘n oefening was. “Overstrand Medical Response spreek graag hul opregte dank en waardering uit teenoor X-Treme Wrestling Entertainment uit vir die geleentheid om so ‘n oefening voor toeskouers te kon doen,” sê Riaan Buys van Overstrand Medical Response. “Dit was ‘n waardevolle oefening en baie belangrik vir ons personeel om enige situasie die hoof te bied.” Hulle kontakbesonderhede vir noodgevalle is 078-699-6995, terwyl Cassie by 078-699-6995 en Riaan by 083-881-3631 geskakel kan word. Navrae kan ook aan hulle by overstrandmedics@gmail.com ge-epos word.
Hardus Botha

Rofstoeibesering skok

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.