R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Johan de Villiers van Ingangstraat 22, De Kelders, het besluit om iets anders as die “gewone” op sy woning te plaas wat lustig deur die wind rondgedraai kan word - ‘n vis - dit pas by Gansbaai. Die netjiese visbeeld van ±1m is van hout gemaak en met glaskrale versier om dit soos ‘n ware “blinklyf” in die son te laat lyk wanneer dit deur die wind rondgedraai word.
“Om houtwerk en allerlei goedjies te maak is ‘n stokperdjie, maar ek maak net iets wanneer ek die gier kry om dit te maak,” vertel Johan. ‘n Tyd gelede het hy ook ‘n seemeeu van hout gemaak wat op die ander hoek van die woning aangebring is, “maar dis te swaar en wil nie so lekker draai nie en toe maak ek die vis.” Johan en sy eggenote, Tertia, woon sedert 1982 in De Kelders. Soort vis? “Nee-wat, ek het sommer na ‘n visblikkie se foto gekyk en besluit dit lyk beter as die tradisionele hoenderhaan of wat ookal, en toe daaraan begin werk,” sê Johan.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.