R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Is jy een van daardie persone wat twee linkerhande het, maar jy wil graag die regterhand in die huis wees? Andersins, is jy dalk ‘n vaardige vakman by wie ons iets kan leer? Dalk soek jy ‘n stokperdjie ná aftrede, of wil jy kontakte opbou wat betref houtwerkmasjiene en ander houtverwante sake. In so ‘n geval kan jy gerus by die Overberg Houtwerk Assosiasie aansluit.
Vergaderings is elke eerste Donderdag van die maand by Progress Design in die Gansbaai Nywerheidsgebied om 18:00. Ons eerste vergadering is dus 6 Februarie 2014. Ledegeld is R120 per jaar. As jy belangstel om houtwerk te doen, besoek gerus die volgende webwerf: http://woodgears.ca/beginner/.
Die nuwe bestuur is onlangs verkies en is as volg: Voorsitter - Hennie Prinsloo 028-384-1454 of 083-414-7962l Ondervoorsitter - Roger Voigt 028-384-3845; Tesourier - Johan Schreuder 028-388-0585; Addisioneel - Martiens Fourie 028-388-0109; Media - Ben de Lange 028-384-1963 of 084-581-2801.
Elke tweede Donderdag van die maand vergader die Houtdraaiers-groep onder leiding van Hannes Ludick, 028-384-1170 te Halfkoordstraat 3, Kleinbaai. Dames is ook welkom!
Ben de Lange
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.