R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Daar is 'n gesegde in Engels wat sê” “All work and no play make Johnny a dull boy”.
Dit is een van die redes waarom daar elke jaar in die Boland en elders 'nbesigheidsliga aangebied word waartydens spanne bestaande uit lede van besighede op dorpe waar rolbal gespeel word, onder mekaar meeding op 'n lighartige en prettige manier. Dit word gedoen onder beskerming van die rolbalklubs op die onderskeie dorpe en dit het ook ten doel om rolbal bekend te stel en te bevorder in die hoop dat meer spelers by klubs sal aansluit om die spel te geniet en die kameraadskap wat onder rolbalspelers bestaan te ervaar. Rolbal is lank nie meer 'n spel vir bejaardes nie en die vaardighede en dissipline wat die spel vereis, bewys diegene verkeerd wat nog onder daardie indruk verkeer sodra hulle aan die spel begin deelneem.
Die Besigheidsliga begin by Franskraal Rolbalklub op Dinsdag, 4 Februarie 2014 om 18:00 en word op elke Dinsdag daarna vir die volgende vyf of ses weke gespeel. Die uiteindelike wenspan kry dan die geleentheid om teen spanne van ander dorpe in die Boland te speel om die algehele wenner in die Boland vir 2014 te bepaal. 'n Span van Gansbaai/Franskraal was al wenners. Dus as jou besigheid nog nie ingeskryf is nie, doen dit asseblief dadelik.
Vir meer besonderhede skakel gerus vir Archie Chambers by 082-4688765. Dit is groot pret. Kom wees deel daarvan.
Pieter Conradie
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.