R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Bev Swart van die Birkenhead Boothengelklub met sy Wit Steenbras (5.3kg)
Die Overberg Boothengelklub (OBK) en die Birkenhead Boothengelklub (BBK) het, om vriendskapsbande te verstewig en te verseker dat meer booteienaars per kompetisiedae betrek word, besluit om meer gereeld gesamentlike kompetisies te hou.
Die eerste gesamentlike hengeldag was op Saterdag, 18 Januarie 2014. “Die gemiddeld van die twee klubs se jaartotale sal wel aan die einde van die jaar bepaal wie die trofee gaan ontvang, maar tot dan draai alles rondom onderlinge verhoudinge en gesellige boothengelkompetisies,” het die nuutverkose voorsitter van die BBK, Philip Fourie gesê. Die klubs hengel onder hul eie klubreëls en bepalings, maar vergader saam vir die skippersvoorligtings- en inweegsessies en om die beurt by die onderskeie klubgeboue. Die bemanning van die 5 bote wat elke klub ingeskryf het, het tydens die eerste kompetisie uitstekend gevaar, met OBK wat die BBK manne behoorlik pak gegee het.
Die BBK het besluit om voorlopig hulle kilogramstelsel na ‘n puntestelsel om te skakel. Hierdie stelsel maak gebruik van ‘n formule wat die aantal spesies in berekening bring. Die aantal bemanningslede van BBK se 5 bote was 15, ingesluit 1 dame.
Sewe verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis wat ingeweeg is, was 129 met 'n totale massa van 82.3kg, wat ‘n gemiddeld van 5.49kg per hengelaar beteken.
Die volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, Bev Swart (Wit Steenbras - 5.3kg); 2de Swaarste vis, Thys Fourie (Kabeljou - 1.8kg); Swaarste sak, Bev Swart (12.98 punte); 2de Swaarste sak, Piet le Roux (7.43 punte); Swaarste bootgemiddeld, Bella Me van Bev Swart (10.02 punte); 2de Swaarste bootgemiddeld, Nu Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (6.88 punte); Dame Swaarste sak, Dixie Walsh (5.45 punte). Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Bella Me van Bev Swart (10.02 punte); Nu-Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (6.88 punte); Relêks 2 van Jean Downing (6.46 punte). Mans Visvangkampioene - Bev Swart (12.98 punte); Henri Punt (6.99 punte); Steve Muller (6.50 punte). Dames Visvangkampioen - Dixie Walsh (5.45 punte).
Die Birkenheaders se kompetisie is deur Gannet Financial Services van Philip en Lorraine Fourie geborg en hulle kan by 028-388-0076 vir puik versekeringsdienste gekontak word.
BBK klubnavrae kan aan voorsitter Philip Fourie by 082-747-3634 gerig word en kompetisienavrae aan wedstrydsekretaris Johan Burmeister by 082-895-7647.
Hardus Botha

Divan Burger (9) met sy Geelbek (3.75kg) en Christof Dahl (10) met sy Wit Steenbras (4.65kg) van Overberg Boothengelklub
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.