Gansbaaai VLV Nuus

Gansbaaai VLV Nuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 ‘n Baie Voorspoedige en Geseënde Nuwe Jaar word aan een en almal toegewens. VLV Gansbaai skop  hierdie jaar af met groot verwagting, en wil  van hierdie geleentheid gebruik maak om al die nuwe intrekkers, afgetredes, jonk, oud en nuut getroudes dames te nooi om besoek af te lê en die gasvryheid van VLV Gansbaai te kom geniet.

Die eerste vergadering vind plaas op 4 Februarie 2014 om 15:00 in die Pretoriussaal, Gansbaai. Hierdie is die perfekte geleentheid om uitvind waaroor VLV gaan. Die sameroepers  van, Landbou en Tuinbou, Gesondheid, Leefstyl, Openbare Sake, Opvoeding en Kuns en Handvlyt  gaan elkeen ‘n geleentheid kry om inligting te verskaf oor hulle portefeulje.

VLVK/CWAA  is celebrating their 85th birthday  on the 6th of February at the Eensgezind Conference centre near Durbanville. 5 of our members will be representing Gansbaai at this prestigious event.

Inligting vir ons lede en ander, ons moes ongelukkig die Valentynsete kanselleer soos op die NK Kerk Almanak aangebring. Hierdie sal net ‘n gewone maandvergadering wees.

Vir die dames wat deelneem aan kompetisies, onthou die piesangbrood vir die konferensie, die ander is tak kompetisies.

VLV Gansbaai is baie opgewonde om die 81ste Overberg Sirkel Konferensie in Gansbaai aan te bied. Hierdie groot geleentheid vind plaas op die 11 Maart 2014.

By voorbaat dank aan al ons borge tot dusver, ons sal ‘n amptelike berig uitreik na die konferensie om julle behoorlik te bedank. Aan al die lede en nie lede wat ons tot dusver ondersteun het met die reëlings, ons het nie woorde nie, baie baie dankie.

Should anyone be interested in joining or just to come for a visit, you are welcome to contact Rienie at 081 443 8248 for more information. This is an open organization and welcomes all.

VLV Groete,
Rienie Lüdick

Gansbaaai VLV Nuus

Rienie Ludick

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.