R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Vlnr is Rigardo Plaatjies, Tertia Pietersen, Mariska Mouers en Renaycia Pietersen in Sophie Lourens se kamer tydens die groep se besoek aan Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes
Mej Fees van die Ganse (2013/14) en haar gevolg het sommer vroeg in die jaar besluit om met hulle ambassadeurswerk in Gansbaai te begin. Mariska Mouers (Mej Fees van die Ganse), met die twee susters as haar prinsesse, Renaycia Pietersen (1ste Prinses) en Tertia Pietersen (2de Prinses) het saam met hulle organiseerder, Rigardo Plaatjies op Saterdag, 25 Januarie welwillendheidsbesoeke aan Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes, Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum afgelê.
Die driestuks het mooi-versierde geskenkpakkies met koekies aan die onderskeie bejaardes oorhandig en geselsies met hulle aangeknoop. “Ons is oral goed en met dankbaarheid ontvang en het baie tuis gevoel,” vertel Mariska. “Hierdie besoeke was nog net die begin van hulle verantwoordelikhede vir 2014,” het Rigardo gesê. Enkele openbare optredes wat nog in die pyplyn is, is onder andere ‘n besoek aan BARC, nog besoeke aan die Tehuise vir Bejaardes en hulpverlening gedurende skoolvakansies by die Sopkombuis in Beverley Hills en kleuterskole. Hierdie drie pragtige dametjies is leerders van Gansbaai Academia en laat beslis nie op hulle wag om gemeenskapsdiens as deel van hulle “koninklike” verantwoordelikhede te doen nie.
Hardus Botha
Die Feestelike “Koninklikes” tydens hulle besoek aan Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum, met voor vlnr Tertia Pietersen, Mariska Mouers, Renaycia Pietersen en Rigardo Plaatjies
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.