R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Dit kos gewoonlik net 'n paar honderd rand per maand om tot beter sekuriteit, soos hekwagte, kameras of toegewysde patrollies, in 'n woonbuurt by te dra - en dis 'n geringe uitgawe as 'n mens in ag neem tot watter mate sulke maatreëls die waarde van huise, sowel as lewens en eiendom beskerm.
Dit is die mening van Jan Davel, besturende direkteur van die RealNet-eiendomsagentskapgroep, wat daarop wys dat pryse in gebiede met beperkte toegang en waar daadwerklike maatreëls vir gemeenskapsveiligheid sigbaar is die afgelope jaar met tot 25% toegeneem het teenoor die gemiddelde toename in landswye huispryse van sowat 9%.
"Sekuriteit is sonder twyfel die meeste huiskopers se grootste oorweging en mense wat verkies om nie in deeltitel-komplekse of afgesperde landgoedere te woon nie is klaarblyklik bereid om 'n stewige premie te betaal in woonbuurte waar 'n sterk inwoners- of belastingbetalers-vereniging doeltreffende veiligheids-maatreëls ingestel het," sê hy.
Statistiek van Lightstone, die maatskappy wat data oor eiendom verskaf, toon byvoorbeeld dat die gemiddelde huisprys in die omheinde voorstad Wapadrand in Pretoria die afgelope jaar met 13% toegeneem het, terwyl pryse in die naasliggende Wilgers sedert 1012 onveranderd was.
"En in Menlo Park, waar inwoners omvattende veiligheids-maatreëls wat 'n paar jaar gelede deur die plaaslike belastingbetalersvereniging ingestel is, daadwerklik ondersteun, het die gemiddelde huisprys met 25% gestyg teenoor 13% in die naasliggende Brooklyn."
En in Johannesburg, sê Davel, het die gemiddelde prys in Parkview, wat alombekend is vir goeie veiligheidsinisiatiewe, die afgelope jaar met 16% gestyg, teenoor 13% in die naasliggende - en baie gewilde - Greenside, net 3% in Parkwood en 'n afname van 5,8% in Parktown.
"Terselfdertyd het gemiddelde huispryse in Bedfordview, wat die afgelope jaar die hoofopskrifte vir al die verkeerde redes gehaal het, met net 3% gestyg teenoor 16% in Dunvegan, die naasliggende voorstad in Ekurhuleni, wat nie so luuks is nie maar wat as veel veiliger deur huiskopers beskou word."
Gevolglik, sê hy, behoort inwoners van veilige woonbuurte nie bydraes tot beter veiligheid as 'n onnodige finansiële las te beskou nie. "Hoe meer gesinne bydra, hoe laer is die koste vir elk - en die somtotaal is waarskynlik baie kleiner as die koste verbonde aan die verkoop van 'n huis en die koop van 'n nuwe huis in 'n sekuriteitslandgoed om dieselfde doel te bereik."
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.