Uilkraal Buurtwag paraat

Uilkraal Buurtwag paraat

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die paraatheid van Uilenkraalsmond Buurtwag, onder leiding van Paul Venter as koördineerder, raak al meer sigbaar met etlike verbeteringe en toerusting wat bygevoeg is. Die aanvanklike karavaan wat as ‘n kantoor gebruik is, word nou op ‘n roteerbasis in die kampterrein geplaas en dien as ‘n satellietstasie.

Die koördineerder van Uilenkraalsmond Buurtwag, Paul Venter en sy eggenote, Doreen staan hier voor die nuwe gebou wat as kantore dien, maar ook vir ander doeleindes benut word

‘n Gerieflike gebou is in die plek daarvan opgerig wat as “hoofkantoor” benut word. “Die gebou dien egter verskeie doelwitte, soos die Kampkomitee wat daar vergader, ‘n satellietstasie vir Gansbaai SAPD en ‘n “Kliniek” vir privaatheid tydens die klinieksuster se besoeke,” vertel Paul, wat nou ook die voorsitter van die Kampkomitee is. “Die kantoor lyk al soos ‘n inligtingsentrum!”

Die Buurtwag is nou in sy tweede bestaansjaar, nadat dit op 20 Februarie 2012 gestig is en tot op datum was daar net drastiese vooruitgang. Tans is daar sowat 20 aktiewe lede. Kyk mens na die reeds bestaande toerusting en dienste wat onder andere beskikbaar is, is dit te verstane dat dit net goed kan gaan: 2-rigting radios vir elke dagbestuurslid; direkte selfoon-noodnommers; gerekenariseerde inligting; kameras bokant vloedligte (wat seine aan die SAPD, gholfkarre en die rekenaar in die Buurtwag se kantoor stuur); 2 gholfkarre en 2 fietse vir patrolliediens; inligtingskaarte vir bejaardes met kontaknommers van geneeshere en naasbestaandes, asook besoeke aan hulle; getroue maandverslae oor alle gebeure.

“Ons bly steeds afhanklik van donateurs aangesien ons nie geld vir hierdie dienste mag vra nie, daarom dan ook my opregte dank teenoor soveel donateurs wat al bygedra het,” sê Paul. “Met alles tot ons beskikking en ons organisering het ons verlede jaar Aprilmaand laas ‘n ernstige inbraak gehad.”

Die Dagbestuur van die Buurtwag bestaan tans uit Paul Venter (koördineerder), Koos Esterhuizen, Jurie Crous en Steven Olinsky, met Doreen Venter as die span se regterhand. Belangrike selnommers om van kennis te neem is die 24-uur “Rooi Telefoon”, 072-947-6147, of die gholfkar se selnom-mer, 076-188-9126.

Vir navrae kan Paul Venter by 076-795-1698 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan uilenwatch@gmail.com. 
Hardus Botha
 

Uilkraal Buurtwag paraat

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.