R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

.jpg)
Die 2014 Gansbaai Besigheidsliga het op 4 Februarie begin. Twintig spanne ding in 5 seksies op 'n rondomtalie formaat teen mekaar mee.
Die wenners van elke seksie sal teen mekaar speel om die kampioen te bepaal en dié span sal dan weer teen die wenspanne van die ander besigheidsligas in die Boland uitspeel om die Boland kampioen te bepaal. Verlede jaar was Omega van Gansbaai (Franskraal) die algehele wenner en kampioen.
Die eerste rondte het met groot geesdrif begin. Die atmosfeer was gesellig en die rolbal wat gespeel is verbasend goed. Kleurvolle T-hemde met interessante name daarop soos Mafokkies (wat dit ook al beteken!), Incredibowls en Rooi Rosies het bygedra tot die plesierigheid.


Die voorlopers in elke seksie na die eerste wedstryd is soos volg:
Seksie 1 – Great White Sharks (Mans) – 2+18
Seksie 2 – Academia – 2+13
Seksie 3 – L&S Motors – 2+5
Seksie 4 – Lumber City – 2+16
Seksie 5 – Great White Sharks (Dames) – 2+3
As ‘n mens sien hoe hierdie deelnemers die spel en mekaar geniet, dan besef jy watter wonderlike aktiwiteit rolbal is om mense bymekaar te bring. Enigiemand wat belangstel kan gerus die moeite doen om te kom kyk op Dinsdae vanaf 18h00.
Pieter Conradie



Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.