R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Good Friday (2de van links) verduidelik die bouproses van Masakhane se nuwe laerskool aan minister Donald Grant (regs)
Die Minister van Onderwys in die Wes-Kaap, mnr Donald Grant, het Overstrand besoek om homself van veral die prestasies van nuwe skole te vergewis.
Gansbaai Academia is eerste besoek, waar hy die skoolhoof, mnr Tommy Wilson, ontmoet het. Hy het die skool eerstens gelukgewens met hul verbeterde matriekuitslae die afgelope jaar. “Ek het die skool se uitslae met die minister bespreek en hy was duidelik beïndruk daarmee,” het mnr Wilson gesê. “Hy was ook beïndruk met die feit dat dit ons tweede matriekjaar was en het die vermeerdering in universiteits-toelatings as skitterend beskou.” Die minister het mnr Wilson gevra om die getalle in Wiskunde en Fisiese Wetenskap verder te verhoog. “Hy het ook sy trots uitgespreek met Bianca se prestasies en haar toelating tot KOVSIES, asook Michelle le Roux wat tans op ‘n uitruilprogram in Frankryk is,” het mnr Wilson voorts gesê. “Ek het hom verder verseker dat ons na ‘n 100% slaagsyfer in 2014 strewe, asook ‘n verdere styging in universiteits-toelating.”
Daarna het die minister die Gr 10 Gasvryheidstudie-klas van me Anneri Harding-Male besoek. “Julle moet hierdie fantastiese geleenthede ten volle benut om julself vir die toeko ms te bekwaam,” het mnr Grant vir die leerders gesê.
Daarna is die minister deur rdh Pieter Scholtz, mnr Mike Walters (LPP) en raadslede Moira Opperman en Ndevu na Masakhane Primary School vergesel, waar hy met die waarnemende skoolhoof, me Mali, gesprek gevoer het. Sy hoofdoel met hierdie besoek was die besigting van die nuwe laerskool in Masakhane wat in aanbou is. Die minister wou summier weet waarom die bouprojek, wat teen einde Julie afgehandel moet wees, sowat 2½ maande agter skedule is. Die persoon in beheer, Good Friday, het verskeie redes daarvoor aangevoer, maar die versekering aan die minister gegee dat die agterstand uitgewis sal word.
Rdh Scholtz het die Minister versoek om te help sodat die tydelike geboue, of ‘n deel daarvan, wat tans as laerskool in Masakhane dien, vir die Overstrand behoue te laat bly. “Daar is ‘n groot behoefte aan geskikte akkommodasie vir die ontwikkeling van kleuters,” het rdh Scholtz gesê. Oorkoepelend het die minister sy tevredenheid met die gesprekvoeringe tydens sy besoek aan Gansbaai uitgespreek.
Hardus Botha
Vlnr is rdh Pieter Scholtz, mnr Mike Walters, me Anneri Harding-Male en mnr Tommy Wilson saam met minister Donald Grant wat gemoedelik en motiverend met die Gr 10 gasvryheidstudie-leerders van Gansbaai Academia gesels het
Vlnr is rdl Moira Opperman, mnr Mike Walters, me Mali (skoolhoof), minister Donald Grant, rdl Ndevu en rdh Pieter Scholtz tydens die minister se besoek aan Masakhane Primary School
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.