Rekenaarprobleem opgelos

Rekenaarprobleem opgelos

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Wonderlike nuus! My rekenaar is herstel sonder dat ek enige inligting daarop verloor het,” was verlede week se anonieme leser se eerste woorde toe sy Gansbaai Courant ‘n dag daarna skakel.

Gansbaai Courant het verlede week van ‘n anonieme leser berig (“Ernstige waarskuwing”) wat ‘n kul-oproep (“scam”) ontvang het en daarvan oortuig was dat sy al haar rekenaarinligting verloor het. (Gansbaai Courant, Donderdag, 20 Februarie 2014). Sy het haar rekenaar na Hein van Wyk van Overtek Computers geneem. ‘n Onbekende wagwoord is op haar rekenaar geplaas en toe sy dit weer aan die gang probeer kry (“restart”), kon sy nie toegang tot haar eie rekenaar kry nie. Hein het te kenne gegee dat hy hierdie geval as “iets nuuts” beskou, aangesien dit nie die normale taktiek is wat deur oproepers toegepas word nie. Dit is nie ‘n gewone wagwoord wat op die rekenaar geplaas word nie, maar ‘n “register-wagwoord” (“registry”). Hein sê sy assistent, Gerhard van Dyk, het lank met die probleem geworstel, maar kon wel daarin slaag om die spesiale wagwoord te omseil, sonder enige verlies van rekenaarinligting. Met verwysing na die oproeper se dreigemente dat hy toegang tot haar bankbesonderhede het, het Hein gesê dit is gewoonlik bangmaak-praatjies, aangesien dit nie telefonies en sonder die medewerking van die betrokke persoon gedoen kan word nie.

“Dit kan gebeur dat die oproeper op een of ander wyse wel kan sien van watter bank die persoon ‘n kliënt is en dan voorgee dat hy daarop kan ingaan,” sê Hein. “My belangrikste raad aan enige persoon is om sodanige oproepe, wat suspisieus behoort te klink, summier te beëindig.” Hy het ook bevestig dat Microsoft óf aangestelde kontrakteurs van hulle, nooit ooit ‘n kliënt direk sal kontak nie. Kul-oproepe word eenvoudig net gemaak om ‘n kans te vat en word soms selfs na mense gemaak wat nie eers ‘n rekenaar besit nie.

 

Rekenaarprobleem opgelos

Opvolg van Laasweek

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.