R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Groot opgewondenheid oor Marimbas
Die 22e Februarie is die amptelike verjaarsdag van Academia en vanjaar is die skool ‘n volle vier jaar oud. Die prestasies en hoogtes wat die skool behaal het in die kort tydjie is voorwaar uitnemend. Die skool het bo verwagting gegroei en daar word tans drie nuwe klaskamers aangebou. Die skool se twee matriek klasse van 2012 en 2013 het almal verstom deur ‘n slaagsyfer in die negentigs. Vanjaar se matriekklas is die eertse graad agts wat die skool ingeneem het en die eerste volle siklus is voltooi.
Die skool se verjaardag is tradisioneel gevier met die registerklasse wat hul klaskamers se deure opgemaak het en heerlik partytjie gehou het.
Academia het ‘n groot skenking gekry van vier marimbas. Die leerders is baie opgewonde oor die nuwe na-skoolse aktiwiteit wat by ‘n alreeds wye verskeidenheid gevoeg is. Die leerders wat in Gansbaai Primêr marimbas gespeel het, het dadelik die skool vermaak met hul vernuftigheid mqet die instrumente. Die personeel is net so opgewonde en daar word werk gemaak om ook ‘n personeel orkes op die been te bring.
Liezel Mostert
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.