R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Vlnr Tommie van Niekerk, Jane de Villiers, Adri Bester en Annie Smit verteenwoordiger van Thornburn (borg van die dag)
Op 18 Februarie 2014 is die laaste rondte in die Besigheidsliga gespeel om die seksiewenners te bepaal. Hulle is soos volg:
Seksie 1 – Great White Sharks (Mans) – 4+17
Seksie 2 – Zonart – 6+17
Seksie 3 – L & S Motors – 6+38
Seksie 4 – OK Foods – 6+26
Seksie 5 – Superspar – 4+15
Hierdie vyf spanne gaan saam met die volgende drie met die hoogste tellings sake verder uitspook om die vier wenners te bepaal wat dan verder sal meeding om die algehele wenner te bepaal. Die twaalf spanne wat oorbly sal meeding om die skild.
Sake raak nou interessant en beloof om nog baie pret op te lewer.
Op Saterdag, 22 Februarie 2014 het ook 'n driespel toernooi plaasgevind. Die dag is geborg deur Annie Smit se seun, FC Smit van Thorburn Securities. Hulle het soos gewoonlik 'n heerlike spitbraai ete voorgesit aan die einde van die dag. Ons waardeer hulle volgehoue ondersteuning en hoop om volgende jaar een van hulle spanne ook te sien speel.
Soos die afgelope drie jaar het Bonnievale weer ses spanne ingeskryf. Daar was ook een span elk van L’Agulhas, Hermanus en Franschhoek en dertien van Franskraal.
Hierdie jaar het Tommie van Niekerk, Jane de Villiers en Adri Bester van Franskraal met die louere weggestap. Gideon Pienaar, Jan Fouché en Sonja Chambers ook van Franskraal was tweede terwyl 'n span van Bonnievale onder leiding van Wiktor Herbert in die derde plek geëindig het.
Die klomp Bonnievalers is 'n gawe klomp en hulle het vir groot pret gesorg met hulle joviale optrede tussen wedstryde. Op die perke was dit natuurlik 'n perd van 'n ander kleur met strawwe mededinging. Wys jou net rolbal hoef nie 'n stroewe, vervelige spel te wees nie!
Pieter Conradie
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.