R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Johan Wiese en Suna Botha (vlnr) het die bottels wyn aan die gelukkige wenners, Rhona van Schalkwyk en Gawie Krugel oorhandig, asof Gawie nie alreeds genoeg pryse ingepalm het nie
Boothengelkompetisies is van groot belang vir die Birkenhead Boothengel-klub, maar darem ook nie sonder ‘n groot geselligheid na afloop daarvan nie.
Verlede maand se geselligheid op 15 Februarie is met Valentynsdag gekombineer en dit was toe terselfdertyd sommer ‘n groot Valentynsaand saam met die prysuitdelings. Pryse vir Januarie en Februarie se boothengelkompetisies is oorhandig, met Johan Burmeister en Gawie Krugel wat sommer met ‘n reeks pryse weggestap het (Gansbaai Courant, Donderdag, 20 Februarie 2014).
Vroegoggend is daar hard deur Anita Botha, Johan en Susette Wiese, Lorraine Fourie en Stella Swart gewerk om die bootklubsaal in ‘n lus vir die oog (Valentynsgerig, natuurlik) te omskep. Twee lede, Danie Maree en Manie van Dyk, het op hul beurt buite gesweet om te sorg vir ‘n vingerlek-lekker spitbraai - en hulle mag maar spitbraai! ‘n Nuwe lid, Thys Fourie het sy lidmaatskapkaartjie ontvang, terwyl twee “ou” bekende klublede van De Kelders, Vincent van Rensburg en Pop Malan vanuit Swaziland kom oë wys het. Met die gelukstrekking het Suna Botha en Gawie Krugel elk ‘n bottel wyn ontvang.
Die funksie was ‘n enorme en gesellige sukses met 85 gaste wat die saal “toegepak” het en tot baie laataand gekuier en met Raymond Rabe se Musiekfabriek gedans het…..al het dit aanvanklik moeilik op die dansvloer gegaan met voorsitter Philip Fourie wat kort-kort afgekondig het: “Nog seconds vir die spitbraai is gratis beskikbaar!” Kennis moet geneem word dat boothengelkompetisies nie meer noodwendig op die 1ste Saterdag van elke maand plaasvind nie. Die volgende boothengelkompetisie is vir 8 Maart 2014 geskeduleer.
Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister, wedstrydsekretaris, by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.