R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Voor vlnr is Nqoza, Vusumzi en Simlungile van Power Line Football Club saam met enkele ander lede, met Gerhard Steyn van Kekkel en Kraai agter die embleem
Die sekretaris van die Power Line Football Club in Masakhane het amptelike skrywes aan enkele besighede gestuur waarin donasies in die vorm van “bibs” (borsstukke) en ander sokker-items vir die sokkerklub gevra is. Gerhard Steyn van Kekkel en Kraai het op die versoek gereageer. Hy het besluit om 20 “bibs”, 10 blou en 10 rooi, te borg sodat elke span ‘n stel kan kry. Afgevaardigdes van die sokkerklub het die “bibs” op Maandag, 24 Februarie 2014 in ontvangs geneem. Onder hulle was die bestuurder, Nqoza, die onderbestuurder, Vusumzi en die sekretaris, Simlungile. “Ons is baie dankbaar teenoor Gerhard van Kekkel en Kraai vir sy ondersteuning van ons klub en ons sal die bibs met groot trots dra,” het Simlungile gesê.
Kekkel en Kraai is op die hoeke van Hoof- en Korporasiestrate geleë en Gerhard kan by 028-384-0906 of 072-072-9295 gekontak word.
Die Power Line Football Club is gedurende 2001 gestig en vir enige vorm van donasies kan hulle bestuurder, Nqoza, by 078-177-4103 gekontak word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.