R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die aanbieders tydens die Wêreldbiddag vir Vroue, met vlnr Joanie Meiring, Hettie Oosthuizen, Connie Langeveld, dr Lisel Joubert (prediker) en Yvonne Walters
Dit was vanjaar se tema vir Wêreld Biddag vir Vroue, wat deur die NG Vrouediens op Vrydag, 7 Maart 2014 in ‘n prag-versierde kerkgebou, wat by die woestyntema aangepas het, aangebied is. “Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding” - Jessja 12:3, het die verwelkomingskaartjie gelui.
Dr Lisel Joubert het die boodskap aan ‘n groot groep dames in ‘n byna-vol kerkgebou gebring. ‘n Onderwyser en afgevaardigde leerders, onderskeidelik van Gansbaai Academia en Gansbaai Primêr, was ook teenwoordig. Die verrigtinge het glad verloop en Lisel se boodskap is met samesang en voorlesings uit Jesaja en Johannes afgewissel. Sy het ook insiggewende agtergrondinligting oor Egipte gedurende die Bybelse tydperk aan die vrouens oorgedra en ook na “Vroue stemme uit Egipte” verwys. “In die Bybel word Egipte met die Farao’s vereenselwig wat die Israeliete as slawe gebruik het totdat Moses hulle uit die slawerny uitgelei het,” het Lisel gesê. “Maar ons vergeet dikwels die belangrike rol wat Farao se dogter in die redding gespeel het. Sy het nie net die baba, Moses, téén haar pa se opdrag gered nie, maar ook met ander vroue saamgesweer om Moses te beskerm en groot te maak.” Die vrouens het ook op voorbidding gefokus, met ‘n versugting van “Luister na ons, o Here!” en ‘n belydenis van “Here, hoor ons stemme vanuit die woestyne van ons lewens”. Die gewyde byeenkoms is met die sing van “Ons Vader wat woon in die hemel” afgesluit.
Die volgende bedankings is voorgehou: dr Lisel Joubert (boodskap gelewer); Elcine Hulme en die Vrouediens (reëlings en gasvryheid); Anita Botha en helpers (versiering van die kerk); voorlesers Connie Langeveld, Yvone Walters, Hettie Oosthuizen en Joanie Meiring; Pikkie Louw (orrelis); Maureen Voigt (dataprojektor) en Marius le Roux (koster). Maureen Voigt en Antonette Walters het die foto’s geneem. Die dames was dit eens dat die byeenkoms as ‘n persoonlike hoogtepunt ervaar en beleef is.
Hardus Botha
Leerder-afgevaardigdes met vlnr Gansbaai Academia se me Liezel Mostert, Kelly Swarts, Peron Barends, Erika Swart en Monica de Gouveia, saam met Gansbaai Primêr se Pamela Poswayo, Heidré Loff, Leoné Theunissen en me Ellen Dunsdon.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.