R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

“Ons Hemelse Vader het ons weer eens ryklik geseën en tydens die Kersmark van die NG-gemeente Gansbaai in sy hand gehou. Ons is dankbaar oor ‘n saal vol mense, 100+, wat positief oor die jaarlikse Kersmark voel en wat opgedaag het, sodat daar op ‘n behoorlike wyse dankie gesê kon word vir hulle harde werk en goeie samewerking tydens verlede jaar se Kersmark,” sê Linda Cillers, organiseerder van die Kersmark, saam met haar eggenoot, Thys.
“Ek kan net byvoeg dat Herberg-Aan-See vanjaar weer uitstekend gedoen het, wat ‘n groot finansiële hupstoot vir hulle beteken.” Linda sê sowat 120,000 etikette is gedruk, met sowat 65,000 items wat verkoop is en sowat ‘n derde van die uitstallers was plaaslike mense. “Wat vir ons verblydende nuus is, is dat die Kersmark sedert 2004 jaarliks ‘n konstante en goeie groei getoon het, ondanks die swak ekonomiese klimaat van die afgelope jare,” sê sy. Na etlike bedankings deur Linda teenoor die uitstallers en vrywillige helpers wat by netjies-versierde tafels hul plekke ingeneem het, het Daan Victor haar en Thys vir hul jaarlikse en onbaatsugtige betrokkenheid by die Kersmark bedank. Ds Dirk van Dyk het daarna die gesellige geleentheid se tafelgebed gedoen, waarna daar smaaklik aan die Koningbraaier, Hannes Cilliers en sy span se sappige hoender, steak en wors met slaaie, geëet is en almal gesellig saamgekuier het. Natuurlik met egte, egte roomys en sjokoladesous agterna. ‘n Ware plattelandse, ontspanne en opregte dankie-gebaar teenoor hardwerkende vrywilligers wat tot die sukses van hierdie groot inisiatief bygedra het. Aansoekvorms met ‘n volledige Inligtingstuk vir Kersmark 2014 is alreeds by die NG Kerkkantoor beskikbaar.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.