Silwerjare geniet Wolseley vrolikheid

Silwerjare geniet Wolseley vrolikheid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Voor vlnr is Marensia Haasbroek en Jacoba Europa met die groot groep Wolseley kuiergaste

Die bejaardes van Silwerjare Dienssentrum is onlangs met ‘n welwillendheidsbesoek deur Wolseley se bejaardes verras. “En was dit nou ‘n aangename kuier gewees wat ons terdeë geniet het,” vertel Jacoba, Bestuur-der: Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum.

Marensia Haasbroek, koördineerder van Wolseley se Badisa Sentrum, het hulle bejaardes vir 2 dae na Uilenkraalsmond gebring - vir ‘n “vakansietjie”, in totaal 54 van hulle met ‘n toerbus. “Ons het dit as ‘n welverdiende uitstappie gereël, met meeste van die bejaardes wat Gansbaai nog nooit gesien het nie,” sê Marensia. Hulle besoek aan Silwerjare Dienssentrum was ‘n hoogtepunt. Hulle het gesels, gekuier, gedans, gesing en sommer ‘n toneeltjie ook opgevoer. “Ons het hulle verskriklik geniet en kan nie uitgepraat raak oor die besoek nie,” sê Jacoba.

Die groep is deur twee bejaardes, Piet Jacobs en Cornelia Cloete bedank, waarna koek en tee geniet is. Jacoba het saam met hulle gery om ‘n paar plekke aan hulle uit te wys. Onder andere het hulle Gansbaai hawe besoek waar hulle terstonds die aand se vis gekoop het om te gaan braai. Sy is ook saam na Fish Lady waar hulle die volgende dag se kos bestel het. Daar is Jacoba, Marensia en nog ‘n lid vriendelik met gratis vis en skyfies bederf. Ná die rondryery is die groep vrolike bejaardes terug na Uilenkraalsmond vir hulle visbraai en “om onder die bome te gaan dans dat die stof so staan”! 

Hardus Botha

Silwerjare geniet Wolseley vrolikheid

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.