R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Vlnr: Jaiden Dickson, Zulene van Niekerk en Marilu Koekemoer.
Drie oud-leerlinge van Laerskool Gansbaai is ingesluit in die Hoërskool Boland-atletiekspan wat eerskomende Saterdag in Oudtshoorn aan die Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe gaan deelneem. Hulle gaan meeding teen die spanne van WP en SWD.
Hulle is Jaiden Dickson (DO/14 Spiesgooi), Zulene van Niekerk (DO/14 300m hekkies) en Marilu Koekemoer (DO/15 3000m). Jaiden en Zulene is in Hoërskool Hermanus, terwyl Marilu in Hoërskool Bredasdorp is. Jaiden sowel as Zulene het brons en Marilu het goud tydens die Bolandkampioenskappe ontvang in hulle afsonderlike items.
Wat hierdie prestasie so uitsonderlik maak, is dat daar slegs 10 dogters uit al die skole van die Suid-Bolaned in hierdie span opgeneem is en 3 van hulle is oud leerders van Laerskool Gansbaai. Ons is met reg trots op hierdie drie dogters wat nog steeds Gansbaai se naam hoog hou en ons hou styf duimvas dat dit Vrydag en Saterdag in Oudtshoorn met elkeen goed sal gaan.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.