R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
.jpg)
Die toernooi waaraan besighede van Gansbaai deelgeneem het, het op 11 Maart 2014 ten einde geloop. Die twintig spanne wat in die uitdunrondtes teen mekaar gespeel het, is in verskillende afdelings ingedeel volgens die posisies wat hulle op die punteleer beklee het om teen mekaar te speel om die algehele kampioen en die wenners van die plaat en skild afdelings te bepaal. Die beste geklede span en die span wat die hardste probeer het, is ook aangewys.
Die uitslae is soos volg:
2014 Kampioen: L & S Motors: Juan, Theuns, Gallie en Nico – Spanbestuurder: Tommie van Niekerk.
2014 Plaatwenner: Zonart Gas en Braai: Stella, Leon, Bev en Clive – Spanbestuurder: Freddie van Eeden.
2014 Skildwenner: Lumber City: Juanita, Nico, André en Leon – Spanbestuurder: Derick Spearpoint.
2014 Besgeklede Span: Watertech Plumbing: Joana, Quintin, Venessa en Martin – Spanbestuurder: Jane de Villiers
2014 Span wat hardste probeer het: O.K. Foods: A.J, Gail, Nicolene en Aphiwe: Spanbestuurder: Cassie Smith.
Hierdie toernooi was seker die beste een wat deur Franskraal Rolbalklub aangebied is. Behalwe dat dit goed georganiseer was, het die deelnemers 'n groot aandeel daarin gehad om dit 'n genotvolle ondervinding te maak. Dit was 'n plesier om die geesdrif van die spelers te aanskou en mee te maak.
Selfs die kinders wat hulle eie speletjies gespeel het tydens hulle ouers en vriende se kaperjolle op die perke, het bygedra tot die opgewonde atmosfeer wat geheers het. Wie kan nog twyfel daaraan dat rolbal uitstekende vermaak vir die hele familie bied!
Daar kan nie nagelaat word om dank te betuig aan die organiseerder van die toernooi, Archie Chambers, die Spanbestuurders en die lede wat verversings en eetgoed voorsien het nie. Dit het grootliks bygedra tot die sukses van die toernooi.
Franskraal Rolbalklub sê dankie aan al die deelnemers. Ons hoop ons kan dit volgende jaar op 'n groter skaal herhaal.
Pieter Conradie
.jpg)
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.