R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Piet Schoombie, bekende Afrikaanse skrywer, wat onlangs van sy boeke aan Gansbaai Biblioteek geskenk het
Die bekende Afrikaanse skrywer, Piet Schoombie, het onlangs 4 van sy boeke aan Gansbaai Biblioteek geskenk: Engele en Rowers (kortverhale en sketse), Weldade en Misdade (kortverhale en artikels), Afgode (jeugroman) en Mammon (intriges rondom gholf, geld en liefde).
Piet het op ‘n plaas in die Vrystaat grootgeword, maar woon nou in die Wes-Kaap “by die see”. “Ek skryf omdat dit vir my ‘n groot genot en heerlike terapie is,” sê hy. Naas die Afrikaanse skryfkuns, is Piet ook ‘n ywerige skilder en gholfspeler. Nog ‘n paar goedgunstelike en gereelde skenkers van boeke aan die Biblioteek vir wie baie dankie gesê word, is: mevroue De Beer, Cordier, Cooke en Dalgleish; mnr Van der Walt; mnr en me Fouche. “Terselfdertyd wil ons vir almal, en daar is baie skenkers van boeke, baie dankie sê vir hulle kosbare bydraes aan die Biblioteek.
Elke skenking word as waardevol beskou,” sê Edna van der Linde. Gansbaai Biblioteek se vriendelike en behulpsame personeel bestaan uit Sharman Geldenhuys (Bibliotekaris), Zelda Fourie, Edna van der Linde en Busisiwe Mtatase. Hulle gerieflike bedryfsure is Maandae tot Vrydae vanaf 09:30 tot 17:30 en hulle kan by 028-384-8300 vir navrae gekontak word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.