R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Solidariteit Helpende Hand, wat ‘n tak in Gansbaai het, is ‘n nie-winsgewende organisasie (NWO).
“As NWO moet ons aan verskeie vereistes voldoen wat verder bemoeilik word deurdat die lede net uit vrywilligers bestaan,” sê Gansbaai-tak se voorsitter, Maretha Geldenhuys. “Top-administratiewe stelsels is van kardinale belang om die organisasie en sy lede se integriteit en geloofwaardigheid te beskerm.” Maretha sê hulle ontvang geen lotto- of regeringsfondse nie en is alleenlik op skenkersgelde aangewese. Helpende Hand se sienswyse is dat dit nie doeltreffend is om gemeenskappe slegs met behulp van toelaes en skenkings te probeer ophef nie, maar eerder “opheffing-deur-opleiding”. “Onmiddelike behoeftes soos kos en klere is wel van groot belang, maar ons betrokkenheid mag nie daar stop nie,” sê sy.
Helpende Hand is reeds in 1949 as antwoord op die armoedekrisis ná die Tweede Wêreldoorlog gestig. Fondse word bekom deur middel van 27,000 maandelikse debietroders (tans) wat aangewend word vir hulpverlening aan weerlose kinders, bejaardes, werkloses en geskendes deur projekte soos die Kosblikkie-, Bemagtig-‘n- Kind- en Oupa en Ouma- projekte.
In 2013 is 6,500 kinders met voeding en opleiding gehelp, met sowat 5,400 kinders wat voordeel uit die voedingskema ontvang het. Sowat 21,200 Gr 1 leerders het reeds by die “Skooltassie”-projek baat gevind. Met die 8ϵTAS-projek wil Helpende Hand die kritieke area van wiskunde-onderrig aanpak. Daardeur kan Gr 8 leerders vir 2 jaar ondersteuning in wiskunde en beroepsleiding ontvang. Die “Bemagtig-‘n-Kind”-projek het reeds meer as R1,15m spandeer en sowat 480 kinders het reeds in 2013 hulp ontvang. “Die doel is om kinders finansieël by te staan en skoolhoofde, onderwysers of terapeute kan leerders se behoeftes skriftelik by ons plaaslike tak aanmeld,” sê Maretha.
“Die Afrikaanse Beurs Instituut bestaan reeds 6 jaar en het in 2014 meer as R20m uitbetaal waarmee meer as 3,000 studente gehelp is.” Die Gansbaai-tak van Helpende Hand kan ondersteun word deur donasies, nie-bederfbare voedsel, klere, breekware en enige onbenutte meubels te skenk. “Dit kan by ons afgegee word, of ons sal dit by die skenkers gaan afhaal,” sê Maretha. ‘n 18A-belastingsertifikaat kan op versoek uitgereik word. “Indien daar ondersteuners is wat bereid is om ‘n debietorder van R50 per maand te voltooi, kan dit by enige bestuurslid verkry word.”
Vir enige vorm van ondersteuning, skenkings of debietorders kan Maretha Geldenhuys (voorsitter) by 082-805-3964 gekontak word, of skakel vir Melody Scheepers (tesourier) by 082-713-8880.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.